Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | JY KAN NA AAN GOD WEES

Doen jy wat God vereis?

Doen jy wat God vereis?

“Jy moet net sê wat jy wil hê ek moet doen, en ek sal dit met graagte doen.” Jy sal waarskynlik nie so iets vir ’n algehele vreemdeling of ’n blote kennis sê nie. Maar jy sal moontlik nie huiwer om dit vir ’n dierbare vriend te sê nie. Goeie vriende is van nature geneig om vir mekaar te doen wat hulle gevra word.

Die Bybel toon dat Jehovah gereeld dinge doen wat hy weet sy aanbidders vreugde sal verskaf. Koning Dawid, wat ’n hegte verhouding met God gehad het, het byvoorbeeld gesê: “Baie dinge het u gedoen, O Jehovah my God, ja, u wonderlike werke en u gedagtes teenoor ons . . . Dit [het] te talryk geword om te vertel” (Psalm 40:5). Wat meer is, Jehovah doen selfs dinge wat diegene wat hom nog nie ken nie, vreugde verskaf—hy vul hulle “harte geheel en al met voedsel en vrolikheid”.—Handelinge 14:17.

Ons doen met graagte dinge vir mense vir wie ons lief is en respek het

Aangesien Jehovah behae daarin skep om te doen wat ander vreugde verskaf, is dit net redelik om te verwag dat diegene wat vriende van God wil wees, die dinge sal doen wat sy ‘hart bly maak’ (Spreuke 27:11). Maar presies wat kan jy doen om God te behaag? Die Bybel antwoord: “[Moenie] vergeet om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik” (Hebreërs 13:16). Beteken dit dat ons net goed moet doen en mededeelsaam moet wees om Jehovah te behaag?

“Sonder geloof is dit onmoontlik om vir [God] welbehaaglik te wees”, sê die Bybel (Hebreërs 11:6). Dit is betekenisvol dat Abraham “Jehovah se vriend” genoem is eers nadat hy “geloof in Jehovah gestel” het (Jakobus 2:23). Jesus Christus het ook beklemtoon dat ons ‘geloof in God moet beoefen’ as ons God se seën wil geniet (Johannes 14:1). Hoe kan jy dan die geloof verkry waarna God soek in diegene wat hy na aan hom laat kom? Jy kan begin deur God se Woord, die Bybel, gereeld te bestudeer. Deur dit te doen, sal jy “juiste kennis van sy wil” verkry en sodoende leer hoe om “hom ten volle te behaag”. Dan, namate jy voortgaan om juiste kennis van Jehovah in te neem en om toe te pas wat jy omtrent sy regverdige vereistes leer, sal jou vertroue in hom toeneem en sal hy steeds nader aan jou kom.—Kolossense 1:9, 10.