Spring na inhoud

2 JANUARIE 2020
FILIPPYNE

Tifoon Phanfone tref die Filippyne

Tifoon Phanfone tref die Filippyne

Tifoon Phanfone, ook in die Filippyne bekend as Ursula, het op 24 Desember 2019 die provinsie van Oos-Samar getref. Geen Getuies van Jehovah het gesterf of is beseer nie. Maar 464 huise van Getuies en 6 Koninkryksaal is beskadig. Die takkantoor in Filippyne het vyf Noodlenigingskomitees gevorm om geestelike aanmoediging en materiële hulp aan die broers wat deur die tifoon geraak is, te voorsien.

Tifoon Phanfone is die 21ste tifoon wat die Filippyne in 2019 getref het. Daar het ook onlangs aardbewings die suidelike deel van die land getref. Daarom is daar altesaam 18 Noodlenigingskomitees op die oomblik aan die werk.

Ons is bly dat ons broers in die Filippyne aanhou om te volhard en op ons God, Jehovah, wat “baie liefdevol en genadig is”, te vertrou. – Jakobus 5:11.