Spring na inhoud

23 NOVEMBER 2020
FILIPPYNE

Tifoon Vamco tref dele van die Filippyne wat reeds deur kragtige storms verwoes is

Tifoon Vamco tref dele van die Filippyne wat reeds deur kragtige storms verwoes is

Plek

Luzon

Ramp

  • Op 11 November 2020 het tifoon Vamco (plaaslik bekend as Ulysses) Patnanungan in die provinsie Quezon getref en toe baie dele van Luzon verwoes

  • Tifoon Vamco is die 21ste tropiese sikloon wat die Filippyne hierdie jaar getref het en het van die ergste oorstromings veroorsaak wat die land nog ooit gehad het

  • Die tifoon het die land getref minder as twee weke nadat supertifoon Goni dele van Luzon verwoes het. Supertifoon Goni word beskou as een van die sterkste storms wat die Filippyne sedert 2013 getref het

  • Die swaar reën wat deur al hierdie storms veroorsaak is, het die watervlakke in groot damme gevaarlik hoog laat styg. As gevolg hiervan moes die owerheid water uit die damme laat vloei wat toe veroorsaak het dat gebiede wat nie direk deur tifoon Vamco getref is nie, oorstroom is

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Meer as 600 families moes as gevolg van die oorstromings hulle huise verlaat. Party van hierdie families moes op die dak van hulle huis klim om weg te kom van die stygende vloedwaters voordat hulle gered is

  • ’n Jong broer het seergekry toe glasstukke sy gesig getref het. Hy is besig om te herstel

Skade aan eiendom

Volgens die eerste berig is:

  • Ten minste 6 Koninkryksale en 1 vertaalkantoor oorstroom

  • Ten minste 20 huise beskadig

  • 1 huis heeltemal vernietig

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en die plaaslike ouermanne het saamgewerk om kos, water en blyplek te voorsien aan dié wat hulle huise moes verlaat

  • Party families kon teruggaan na hulle huise om met die skoonmaakwerk te begin

  • 3 nuwe Noodlenigingskomitees reël die noodlenigingswerk

  • Die broers maak seker dat hulle by COVID-19-veiligheidsmaatreëls bly terwyl hulle die noodlenigingswerk doen

Ons weet dat Jehovah ons broers en susters gedurende hierdie moeilike tyd sal ondersteun. Ons sien regtig uit na die tyd wanneer Jehovah se volk in vrede en veiligheid sal woon, sonder om bang te wees vir natuurrampe. – Psalm 4:8.