Spring na inhoud

12 NOVEMBER 2020
FILIPPYNE

Twee tifone veroorsaak verwoesting aan dele van Filippyne

Twee tifone veroorsaak verwoesting aan dele van Filippyne

Plek

Suid-Luzon en ander eilande daar naby

Ramp

  • Op 25 Oktober 2020 het tifoon Molave, ook bekend as Quinta in die Filippyne, die Albay-provinsie in die Bicol-streek van Luzon getref. Die kragtige storm het toe oor die eiland Luzon beweeg

  • Op 1 November 2020 het supertifoon Goni, ook bekend as Rolly in die Filippyne, ’n ander eiland, Catanduanes, in die Bicol-streek van Luzon getref. Die kategorie-5-storm het toe baie skade aan ander provinsies veroorsaak, party wat al klaar deur tifoon Molave verwoes is

  • Die twee storms het swaar reën en sterk winde veroorsaak. As gevolg hiervan was party gebiede oorstroom, was daar wydverspreide kragonderbrekings en het baie mense nie genoeg drinkwater gehad nie. In baie van hierdie gebiede is kommunikasie deur middel van telefoon of die Internet nog steeds ’n groot probleem

  • Omdat dit so baie gereën het, het dit verwoestende vulkaniese modderstrome op die berg Mayon veroorsaak, wat baie huise naby die berg beskadig het

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Honderde broers en susters moes hulle huise verlaat

  • ’n Suster van 89 is ligtelik beseer terwyl sy uit haar huis moes vlug, wat toe heeltemal verwoes is

Skade aan eiendom

  • 134 huise en 8 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

  • 75 huise en 8 Koninkryksale is erg beskadig

  • 101 huise en 1 Koninkryksaal is heeltemal vernietig

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne werk saam met ses Noodlenigingskomitees om seker te maak dat die broers en susters genoeg kos, water, blyplek en ander nodige dinge het. Terwyl ons broers noodlenigingswerk doen en vertroosting gee, is hulle versigtig om by COVID-19-veiligheidsmaatreëls te bly

Ons sal aanhou om vir ons mede-aanbidders te bid wat deur hierdie verwoestende natuurrampe geraak is. Gedurende hierdie moeilike tyd weet ons dat Jehovah sal aanhou om “die Vader van groot genade en die God van alle vertroosting” vir ons broers en susters te wees. – 2 Korintiërs 1:3.