9 JANUARIE 2024 | BYGEWERK: 7 OKTOBER 2024
WÊRELDNUUS
JONGSTE NUUS – BROERS IN DIE TRONK | Vasbeslote om op Jehovah te vertrou
Op 3 Oktober 2024 het die Hooggeregshof van die Republiek Krim broer Joeri Gerasjtsjenko en Sergei Parfenowitsj se vonnisse verander. Hulle oorspronklike opgeskorte tronkvonnisse van ses jaar is vervang met tronkstraf van ses jaar. Hulle is in die hof in hegtenis geneem.
Op 1 Julie 2024 het die Krasnogwardeiski-distrikshof van die Republiek Krim broer Joeri Gerasjtsjenko en Sergei Parfenowitsj skuldig bevind. Hulle is elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee en hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Ons weet dat Jehovah sal aanhou om Joeri en Sergei, sowel as almal wat lojaal aan hom bly, te ondersteun terwyl hy ‘hulle wegsteek in die skaduwee van sy vlerke’. – Psalm 17:7, 8.
Tydlyn
19 September 2022
Kriminele saak word teen Sergei gemaak
28 September 2022
Sergei se huis is een van agt huise wat deur FSB-beamptes deursoek is, en hy word in ’n tydelike aanhoudingsfasiliteit geplaas
30 September 2022
Sergei word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor gestuur
15 November 2022
Sergei word uit die detensiesentrum voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas
22 Maart 2023
Kriminele saak word teen Joeri gemaak. Hy word gearresteer, ondervra en in ’n tydelike detensiesentrum geplaas
24 Maart 2023
Joeri word vrygelaat en onder huisarres geplaas
12 Julie 2023
Sergei en Joeri word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
28 Julie 2023
Kriminele verhoor begin. Die aanklaer het Sergei en Joeri daarvan beskuldig dat hulle “aanhou met kriminele bedrywighede en getuies dreig”. Al was daar nie genoeg bewyse nie, het die regter hulle albei vir ’n tweede keer onder huisarres geplaas