Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VRAAG 6

Wat het die Bybel oor die Messias voorspel?

PROFESIE

“En jy, o Betlehem Efrata, . . . uit jou sal daar vir my die een kom wat heerser in Israel sal wees.”

Miga 5:2

VERVULLING

“Nadat Jesus in koning Herodes se tyd in Betlehem in Judea gebore is, het sterrevoorspellers uit die Ooste na Jerusalem toe gekom.”

Matteus 2:1

PROFESIE

“Hulle verdeel my klere onder mekaar, en hulle werp die lot oor my klere.”

Psalm 22:18

VERVULLING

“Toe die soldate Jesus aan die paal gehang het, het hulle sy bo-klere gevat en in vier dele verdeel . . . Hulle het ook die onderkleed gevat, maar dit het nie ’n naat gehad nie, omdat dit van bo tot onder aaneen geweef was. Daarom het hulle vir mekaar gesê: ‘Moet dit nie skeur nie. Kom ons werp die lot om te besluit wie dit sal kry.’”

Johannes 19:23, 24

PROFESIE

“Hy bewaar al sy bene, en nie een van hulle is gebreek nie.”

Psalm 34:20

VERVULLING

“Maar toe hulle by Jesus kom, het hulle gesien dat hy alreeds dood is, en daarom het hulle nie sy bene gebreek nie.”

Johannes 19:33

PROFESIE

“Hy is vir ons oortreding deurboor.”

Jesaja 53:5

VERVULLING

“Een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek, en onmiddellik het bloed en water uitgekom.”

Johannes 19:34

PROFESIE

“Hulle het my loon betaal: 30 silwerstukke.”

Sagaria 11:12, 13

VERVULLING

“Toe het een van die Twaalf, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die hoofpriesters toe gegaan en gevra: ‘Wat sal julle vir my gee om hom aan julle te verraai?’ Hulle het vir hom 30 silwerstukke aangebied.”

Matteus 26:14, 15; 27:5