Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek bou my toekoms met Jehovah

Ek bou my toekoms met Jehovah

Laai af:

  1. 1. Ek wens soms ek het geweet wat in my toekoms als sal gebeur,

    en watter pad sal uiteind’lik die beste een vir my wees.

    Maar een ding weet ek: wat ook al oor my pad kom,

    ek leef vir my God, ek behoort net aan hom.

    (REFREIN)

    Daar’s nou niks beter as om Jehovah te dien nie –

    ek leef nou vir wat die wêreld nie sien nie:

    daai pragtige toekoms wat wag as ek met hom bly stap.

    Als wat ek het kom van hom; wil wys ek is dankbaar –

    met elke besluit sy hart altyd bly maak.

    So bou ek my toekoms met hom, stap vir stap, elke dag.

  2. 2. Versoekings kom soms oor my, wat my van God se pad weg kan lei –

    weg van die plek waar ek weet ek behoort en altyd wil bly.

    Maar as ek onthou ek is aan God toegewy,

    gee dit my die krag om op sy pad te bly.

    (REFREIN)

    Daar’s nou niks beter as om Jehovah te dien nie –

    ek leef nou vir wat die wêreld nie sien nie:

    daai pragtige toekoms wat wag as ek met hom bly stap.

    Als wat ek het kom van hom; wil wys ek is dankbaar –

    met elke besluit sy hart altyd bly maak.

    So bou ek my toekoms met hom, stap vir stap, elke dag.

    (OORGANG)

    Ek bou nou ’n toekoms met God aan my sy.

    Elke dag stap Jehovah, my vriend, saam met my.

    Daar’s niks wat my hart nou gelukkiger maak

    as om deur wat ek doen God se hart te kan raak.

    (REFREIN)

    Daar’s nou niks beter as om Jehovah te dien nie –

    ek leef nou vir wat die wêreld nie sien nie:

    daai pragtige toekoms wat wag as ek met hom bly stap.

    Als wat ek het kom van hom; wil wys ek is dankbaar –

    met elke besluit sy hart altyd bly maak.

    So bou ek my toekoms met hom, stap vir stap, elke dag.

    Ek bou nou my toekoms met hom, stap vir stap, elke dag.