Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek kan weer opstaan

Ek kan weer opstaan

Laai af:

  1. 1. Die eensaamheid hier in my hart weeg swaar op my.

    Jehovah, ek kan nou my foute sien.

    Ek het nou krag nodig, want my hart bly moedeloos.

    Ek wil terug wees daar waar ek behoort.

    (REFREIN)

    Ek onthou wat ek geleer het, ek het nie vergeet,

    wat vir my kosbaar was hier in u Woord.

    Dat selfs wanneer ek struikel, selfs as ek sou val,

    kan ek weer opstaan.

  2. 2. Ek weet wie vir my omgee en

    met liefde aan my dink

    en Jehovah uit hul hart bly dien.

    U Woord skyn soos ’n lamp, t’rug na die pad wat ek moet vat.

    Ek kies die pad wat na die lewe lei.

    (OORGANG)

    Alles wat ek hoor, alles wat ek sien, herinner weer vir my:

    Die einde is naby.

    (REFREIN)

    So vanaand wanneer ek bid, hoor my pleit, o Heer.

    Jehovah, Vader, help my uit my nood.

    U weet dat selfs al struikel ek weer en weer,

    kan ek weer opstaan.

    (OORGANG)

    Ek’s bly Jehovah kan verstaan. Ek moet hulp kry om aan te gaan.

    Hy kyk verby wat ander sien, die swakhede in my.

    Wat goed is in my, dit soek hy.

    (REFREIN)

    So vanaand sal ek weer saal toe gaan, die liefde daar weer voel.

    T’rug daar waar ek weet ek behoort.

    En selfs wanneer ek struikel, selfs as ek sou val,

    sal ek weer opstaan.

    Ek kan weer opstaan.