Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Net om die draai

Net om die draai

Laai af:

  1. 1.Hoor die voëltjies in die bome,

    als is rustig rondom jou.

    Daar is sonskyn op die velde,

    en die lug is skoon en helderblou.

    Dan groet jy jou geliefdes.

    Jy sien duid’lik die bewys:

    Hierdie aardse paradys

    was toe net om die draai.

  2. 2.Daar’s ’n huis naby die heuwel,

    en ’n huis in die vallei.

    Die rivier se water glinster,

    dit vloei rustig naby jou verby.

    Die koring op die lande

    roer so liggies in die wind.

    Als wat ons nou ondervind,

    was toe net om die draai.

    (OORGANG)

    Met vriende hier kan ons nou vier.

    Ons hoop is nou ’n werklikheid.

    Want al die pyn het reeds verdwyn,

    en elke traan is weggevee.

  3. 3.Oral hoor ons blye stemme,

    mense wat van vreugde lag.

    En jy sien al jou geliefdes,

    so begin nog ’n volmaakte dag.

    En ons dank ons God Jehovah

    vir sy liefdevolle sorg.

    Hierdie seëninge van hom

    was toe net om die draai.

    (OORGANG)

    En elke dag kan ek glimlag,

    want jy is weer hier naby my.

    Want elke dag het ek gewag

    om jou weer teen my vas te hou.

  4. 4.Dit wat om die draai lê,

    is ’n wêreld so volmaak.

    Dis Jehovah se belofte.

    Ek vertrou op hom, ek weet dit kom.

    Daarom word ek nie mismoedig.

    Hierdie hoop gee my weer krag.

    Dis die dag waarvoor ek wag.

    En dis nou net om die draai.