Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek sien u wonders

Ek sien u wonders

Laai af:

  1. 1. Dag breek — ek hoor hoe die voëltjies die son groet,

    sien hoe die lig helderder skyn, die sterre verdwyn.

    Strale strek blink deur die dou en die blare.

    Die briesie se fluisterstem sê somer is hier.

    (BRUG)

    En dan sing my hart: Jehovah my God,

    as ek om my kyk, staan ek verstom. Al is u so groot,

    stel u belang, u gee vir ons om.

    (REFREIN)

    Ek sien u wonders, en ek sing vir u.

    Ek sien u wonders, en ek sing vir u.

    My hart sing vir u.

  2. 2. Wanneer ek kyk na u lewende skepping —

    O, in die nag, in die dag sien ek wat dit my wys.

    Van die hoogste berge tot onder die waters

    laat elke lewende ding sing om u te prys.

    (BRUG)

    En my hart wil sing: Jehovah my God,

    as ek om my kyk, staan ek verstom. Al is u so groot,

    stel u belang, u gee vir ons om.

    (REFREIN)

    Ek sien u wonders, en ek sing vir u.

    Ek sien u wonders, en ek sing vir u.

    My hart sing vir u.

    (OORGANG)

    As ons kyk dieper as net wat ons sien,

    kry ons meer intieme kennis van die Een wat lewe gee.

    (BRUG)

    En dan sing my hart: Jehovah my God,

    as ek om my kyk, staan ek verstom. Al is u so groot,

    stel u belang, u gee vir ons om.

    (REFREIN)

    Ek sien u wonders, en ek sing vir u.

    Ek sien u wonders, en ek sing vir u.

    Ek sien u wonders, en ek — ek sing vir u.

    Ek sien u wonders, en ek — ek sing vir u.

    Ek sien u wonders, en ek — ek sing vir u.

    My hart sing vir u.