Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek maak ’n verandering

Ek maak ’n verandering

Laai af:

  1. 1. Ek dink al ’n tydjie:

    Ek bly getrou,

    maar my diens aan Jehovah

    is net ’n roetine nou.

    Ek doen elke dag wat ek nog altyd doen.

    Ek’s nou veels te gemaklik — dis tyd,

    tyd vir verandering.

    (REFREIN)

    Dis ’n nuwe begin, niks kan my nou keer,

    want ek het besluit, en dit sal gebeur.

    Jehovah, ek weet dat u my sal lei.

    Ek maak ’n verand’ring, met u aan my sy.

  2. 2. Soms is dit nie maklik,

    maar nou kan ek sien:

    Met hierdie verand’ring

    kan ek nou met vreugde dien.

    Ek het nou meer ywer, moed en energie.

    Soveel deure het oopgegaan

    wat ek nie verwag het nie.

    (REFREIN)

    Dis ’n nuwe begin, niks het my gekeer,

    want ek het besluit, en dit het gebeur.

    Jehovah, ek weet dat u my sal lei.

    Ek maak ’n verand’ring, met u aan my sy.

    (BRUG)

    Lank terug het ek nooit gedink

    dat dit ooit sou gebeur nie.

    En soms was dit moeilik om

    nie hoop op te gee.

    Maar nou kan ek duid’lik sien

    hoe my besluit geseën word,

    en hoe al die seëninge

    net meer word dag na dag.

    (REFREIN)

    Dis ’n nuwe begin, elke liewe dag.

    Sien uit na die vreugde wat op my wag.

    Jehovah, ek sien hoe u my nou lei.

    Dis die beste lewe, met u aan my sy.

    (REFREIN)

    Dis ’n nuwe begin, niks kan my nou keer,

    want ek het besluit, en dit sal gebeur.

    Jehovah, ek weet dat u my sal lei.

    Ek maak ’n verand’ring.

    (REFREIN)

    Dis ’n nuwe begin, niks kan my nou keer,

    want ek het besluit, en dit sal gebeur.

    Jehovah, ek weet dat u my sal lei.

    Ek maak ’n verand’ring, met u aan my sy —

    u is aan my sy.