Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Nooit alleen nie

Nooit alleen nie

Laai af:

  1. 1. Verlate en alleen,

    verraai en moedeloos.

    My pyn is onbeskryflik.

    Daar’s niks wat my nou kan vertroos.

    Hoe gaan ek hierdeur kom?

    Na wie toe kan ek gaan?

    Is daar vir my verligting?

    Wie sal my pyn ooit kan verstaan?

    (REFREIN)

    Ek’s nie alleen,

    en sal nooit wees.

    En daar is niks,

    wat ek sal vrees.

    Jehovah weet,

    Jehovah sien.

    Hy ondersteun

    dié wat hom dien.

    Dit maak nie saak wat kom,

    want ek’s nooit alleen.

  2. 2. Selfs as ek als verloor

    deur na aan u te bly.

    As ander my teleurstel,

    sal u my altyd help en lei.

    U’s na aan my, O God.

    U’s altyd aan my sy.

    My hoop en my vertroue,

    niks kan my van u liefde skei.

    (REFREIN)

    Ek’s nie alleen,

    en sal nooit wees.

    En daar is niks,

    wat ek sal vrees.

    Jehovah weet,

    Jehovah sien.

    Hy ondersteun

    dié wat hom dien.

    Dit maak nie saak wat kom,

    want ek’s nooit alleen,

    en sal nooit wees.

    En daar is niks,

    wat ek sal vrees.

    Jehovah weet,

    Jehovah sien.

    Hy ondersteun

    dié wat hom dien.

    Dit maak nie saak wat kom,

    want ek’s nooit alleen.