Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Bly net by

Bly net by

Laai af:

  1. 1. Die wêreld verander om my

    en ons metodes ook.

    Help my om by te bly, want

    ek wil graag saam hardloop.

    Daar’s weekliks in ons werkboek

    ’n voorstel of idee –

    as ons by daardie wenke aanpas,

    sien ons hoe God ons seën.

    (REFREIN)

    So bly net by.

    Hardloop saam met ons

    en wen die prys.

    Jy kan dit doen

    as jy net aanhou stry

    om vas te byt deur net by te bly.

    Bly net by.

  2. 2. Ek dink elke oggend

    dat my planne uit sal werk,

    maar iets gebeur altyd en dan

    kry ek nie als reg.

    Maar wanneer ons sukkel,

    weet ons wat ons sal help:

    ons laai iets af en kyk of lees dit,

    dan’s alles gou weer reg.

    (REFREIN)

    So bly net by.

    Hardloop saam met ons

    en wen die prys.

    Jy kan dit doen

    as jy net aanhou stry

    om vas te byt deur net by te bly.

    Bly net by.

    (OORGANG)

    Ons Vader sien en hy seën

    elkeen wat nou sy bes doen,

    so ons bly by en pas aan,

    want ons weet dat dit hom bly maak.

    Ons lewe nou

    vir ons hoop:

    ons “sien” ’n paradys

    met geen traan of selfs die dood.

    Ek’s so bly ek en jy

    (REFREIN)

    het by gebly.

    Hardloop saam met ons

    en wen die prys.

    Jy kan dit doen

    as jy net aanhou stry

    om vas te byt deur net by te bly.

    Bly net by.

    Ja, bly net by.

    Hardloop saam met ons

    en wen die prys.

    Jy kan dit doen

    as jy net aanhou stry

    om vas te byt deur net by te bly.

    Bly net by.

    Kom, bly net by.