Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wees sterk, bly getrou

Wees sterk, bly getrou

Laai af:

  1. 1. Dis donker maar,

    sy’s lankal op

    en ned’rig vra sy God:

    “Vader, help vandag,

    gee ons almal krag

    dat ons met u bly wandel.”

    Haar hart sal nooit hoop verloor.

    En as die lewe moeilik word,

    kry sy krag as sy daardie lied sing

    waaraan sy altyd dink:

    (REFREIN)

    ‘Ek sal jou versterk.

    Jy hoef nie te vrees.

    Ek sal vir jou help.

    Ek sal met jou wees.’

    Wees nou sterk, bly getrou.

    Dis daai lied wat sy onthou.

    “Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.”

    (OORGANG)

    Sy moet ook geld verdien,

    na haar kinders omsien,

    weet nooit wat die dag sal bring nie.

    Haar vriende gee om.

    Hulle help haar en sorg

    dat sy nooit alleen voel nie.

  2. 2. Soos arende

    met vlerke oop,

    sal sy opvaar na bo.

    Biddend kyk sy op,

    ja, sy vertrou op hom

    om deur hierdie dag te kom.

    Met ’n liggaam moeg en seer,

    sal sy haar bes doen en sy weet

    dat sy weer krag in daai lied sal vind

    waaraan sy altyd dink:

    (REFREIN)

    ‘Ek sal jou versterk.

    Jy hoef nie te vrees.

    Ek sal vir jou help.

    Ek sal met jou wees.’

    Wees nou sterk, bly getrou.

    Dis daai lied wat sy onthou.

    “Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.”

    “Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.”