Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Elke dag het sy eie probleme

Elke dag het sy eie probleme

Laai af:

  1. 1. Ek weet dat God se Koninkryk die Paradys sal bring.

    En ek glo met my hele hart dat beter dae sal kom.

    Maar somtyds, wanneer ek swaarkry,

    voel daardie hoop so ver vir my.

    Al weet ek God se liefde’s daar,

    voel als soms vir my so swaar.

    Maar ek weet hy is naby.

    (REFREIN)

    So ek bid tot hom uit my hart.

    As ek deur als oorweldig voel,

    kan ek staatmaak op sy krag.

    Ek weet hy’s daar; ek’s nie alleen.

    Hy troos my deur sy woorde

    en ook vriende wat omgee.

    Elke dag het sy eie probleme en angs,

    so ek neem een dag op ’n slag.

    Ek sal môre dink aan môre.

    Ek vind vrede en krag,

    een dag op ’n slag.

  2. 2. So luister na my woorde, vriend,

    want ek gee vir jou om.

    Fokus op wat vreugde bring,

    nie die sorge wat oor jou kom.

    Jy kan op ons God vertrou,

    want hy’t sy seun gegee vir jou.

    Dis hoe ons weet hy het ons lief.

    Ja, hy wil hê dat ons moet leef.

    So moenie vrees, vertrou.

    (REFREIN)

    Bid tot hom uit die hart.

    As ons deur als oorweldig voel,

    kan ons staatmaak op sy krag.

    Ons weet hy’s daar; ons is nie alleen.

    Hy troos ons deur sy woorde

    en ook vriende wat omgee.

    Elke dag het sy eie probleme en angs,

    so neem een dag op ’n slag.

    Ons sal môre dink aan môre.

    Ons vind vrede en krag,

    een dag op ’n slag.

    (REFREIN)

    Bid tot hom uit die hart.

    As ons deur als oorweldig voel,

    kan ons staatmaak op sy krag.

    Ons weet hy’s daar; ons is nie alleen.

    Hy troos ons deur sy woorde

    en ook vriende wat omgee.

    Elke dag het sy eie probleme en angs,

    so neem een dag op ’n slag.

    Ons sal môre dink aan môre.

    Ons vind vrede en krag,

    een dag op ’n slag.

    Een dag op ’n slag.