Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Dankbaar vir God se skepping

Dankbaar vir God se skepping

Laai af:

  1. 1. Blommetjies groei daar bo op die berg.

    Woude in die verte, ’n briesie waai deur die veld.

    Louwarm strale skyn goud in die lug.

    Voëls vlieg verby, wolke seil daarbo.

    (BRUG)

    Niemand verdien

    om sulke prag te sien.

    Ek’s altyd verstom.

    Hoe wys ek dit vir hom?

    (REFREIN)

    Wil wys ek is dankbaar,

    vir hom sê in gebed –

    ek is dankbaar

    oor hoe lief hy ons het.

    Ek neem die tyd

    om na Jehovah se wonders te kyk, sodat dit

    in my hart kan insink en daar bly.

    Wil wys ek is dankbaar.

    Wys ek is dankbaar.

  2. 2. Al die mooi kleure geverf in die lug,

    dis die mooiste kunswerk wat u daagliks voor my sit!

    Die krieke wat sing by die rivier in die nag.

    Die sterre dans saam in die silwer maanlig.

    (BRUG)

    Niemand verdien

    om sulke prag te sien.

    En ek’s altyd verstom

    en wys dit graag vir hom.

    (REFREIN)

    Wil wys ek is dankbaar,

    vir hom sê in gebed –

    ek is dankbaar

    oor hoe lief hy ons het.

    Ek neem die tyd

    om na Jehovah se wonders te kyk, sodat dit

    in my hart kan insink en daar bly.

    Wil wys ek is dankbaar.

    (OORGANG)

    Ek sien u wysheid en u krag.

    U goedheid sien ek in als

    en ook u groot liefde.

    En ek’s so dankbaar.

    Wil wys ek is dankbaar.

    (REFREIN)

    Wil wys ek is dankbaar,

    vir hom sê in gebed –

    ek is dankbaar

    oor hoe lief hy ons het.

    Ek neem die tyd

    om na Jehovah se wonders te kyk, sodat dit

    in my hart kan insink en daar bly.

    Wil wys ek is dankbaar.

    Wil wys ek is dankbaar.

    Wil wys ons is dankbaar.