Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Oë van geloof

Oë van geloof

(Psalm 27:13)

Laai af:

  1. 1. Ek sien my God hier by my,

    hoekom sal ek dan ooit vrees?

    Met hom altyd aan my sy,

    sal niks of niemand my

    laat opgee of my onderkry.

    (REFREIN)

    Oë van geloof kyk deur die donker storms.

    Oë van geloof sien daar’s niks om te vrees.

    Met Jehovah aan my sy,

    is niks te veel vir my.

    Ek is sterk, want ek sien hom en hy

    is hier by my.

  2. 2. Ek sien hoe God hul opwek –

    almal wat getrou was aan hom.

    Hul’t geglo en volhard,

    so ons wag vir die dag

    dat hulle voor ons oë opstaan.

    (REFREIN)

    Oë van geloof kyk deur die donker storms.

    Oë van geloof sien daar’s niks om te vrees.

    Met Jehovah aan my sy,

    is niks te veel vir my.

    Ek is sterk, want ek sien hom en hy

    is hier by my.

    (OORGANG)

    Met oë wat sien, is als vir my moontlik.

    Met oë wat sien, word my hoop waar.

    Oë van geloof

    kyk deur die pyn en sien daar’s hoop.

    Ek sien en sal nooit hoop verloor.

  3. 3. Ek sien die blink, mooi toekoms.

    Ek sien my pragtige hoop.

    Ek moet nou sterk bly,

    want dis nou amper tyd

    dat hy sê: ‘Kyk op, dis als verby!’

    (REFREIN)

    Oë van geloof kyk deur die donker storms.

    Oë van geloof sien daar’s niks om te vrees.

    Met Jehovah aan my sy,

    is niks te veel vir my.

    Ek is sterk, want ek sien hom en hy

    is hier by my.

    Hy’s hier by my.

(Sien ook Heb. 11:1-40.)