Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ek weet Jehovah is by my

Ek weet Jehovah is by my

Laai af:

  1. 1. Die son kom nou op en ek bid tot my God.

    Ek vra dat hy help dat ek deur als sal kom.

    Hul’t gesê ek moet stop, maar ek hou aan preek.

    Ek wil gehoorsaam aan my God wees.

    (REFREIN)

    En in my hart voel ek kalmte, ja, ek sal rustig wees.

    Ek weet Jehovah’s by my, so ek sal nie vrees.

    Ek weet Jehovah’s by my, so ek sal nie vrees.

  2. 2. Ek’s t’rug by die huis, die dag is nou verby.

    Ek dink aan daai man en sy woorde aan my.

    Daar is soveel wat ek hom van my God wil sê.

    Nou bid ek dat ek weer die kans sal hê.

    (REFREIN)

    En in my hart voel ek kalmte, ja, ek sal rustig wees.

    Ek weet Jehovah’s by my, so ek sal nie vrees.

    Ek weet Jehovah’s by my, so ek sal nie vrees.

    (OORGANG)

    Soos ’n brandende vuur hier diep binne my,

    is waarhede wat ek moet versprei.

    Ek sal my God se naam bekend maak

    en tot aan die einde sal ek oor hom praat.

    Ek sien geloof in die broers al om my,

    en my geloof sal ook so sterk bly.

    Ek sal op my God, Jehovah, vertrou.

    En sy beloftes sal my sterk hou.

  3. 3. En ek bid weer tot God voor ek gaan slaap.

    Ek dank hom, want hy was met my vandag.

    En ek weet hy sal ook môre daar wees.

    Hy sal my deur als kry, ek’s nooit alleen.

    (REFREIN)

    En in my hart voel ek kalmte, ja, ek sal rustig wees.

    Ek weet Jehovah’s by my, so ek sal nie vrees.

    Ek weet Jehovah’s by my, so ek sal nooit vrees.