Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Na wie toe sal ek weggaan?

Na wie toe sal ek weggaan?

Laai af:

  1. 1. In die moeilike tye

    waardeur ons nou moet stry,

    is Jesus die een

    wat my help en my lei.

    Hy is die groot herder

    en hy stap hier langs my.

    Hy wys my die pad

    waarop ek nou moet bly.

    (BRUG)

    Hoekom sal ek ooit twyfel

    as mense die waarheid aanval?

    Hulle probeer om my

    met hul woorde te mislei.

    (REFREIN)

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Wie sal my help deur donker tye?

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Daar’s mense daar buite

    wat my wil laat struikel,

    maar ek sal altyd aan sy kant staan.

  2. 2. Ja, ek weet dat hy omgee,

    dat hy my so liefhet.

    Sy woorde aan my

    kan my help en my red.

    Ek’s dankbaar vir hom

    en vir Jehovah, my God,

    want nou het ek hoop vir

    die toekoms wat kom.

    (BRUG)

    So ek sal nooit twyfel

    as mense die waarheid aanval.

    Dié wat my wil mislei

    sal ek heeltemal vermy.

    (REFREIN)

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Wie sal my help deur donker tye?

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Daar’s mense daar buite

    wat my wil laat struikel,

    maar ek sal altyd aan sy kant staan.

    (REFREIN)

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Wie sal my help deur donker tye?

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Daar’s mense daar buite

    wat my wil laat struikel,

    maar ek sal altyd aan sy kant staan.

    Na wie toe sal ek weggaan?

    Ek sal altyd aan sy kant bly staan, vasstaan.