“Twee muntstukkies”
Laai af:
1. Net ietsie kleins
is al wat sy kan gee.
Om haar sien sy
wat ander het – hulle gee soveel meer.
Sal God haar sien
tussen almal wat hier staan?
En hoe voel hy oor haar
en oor wat sy hou in haar hand?
(REFREIN)
Al voel jy jy gee min,
moet nooit ooit dink:
’Sal hy sien ek het als gegee?’
Kyk deur ons God se oë –
hy wil hê jy moet ook
jouself sien soos die weduwee. God weet
as jy als gee.
2. Sy’t dalk t’ruggedink
aan wat sy voorheen kon gee.
Gekyk in haar hand
en gedink: ’My bes was toe soveel meer.’
Sy gooi hulle in –
die muntstukkies in haar hand.
En al hoor niemand dit val,
maak dit vir God die pragtigste klank.
(REFREIN)
Al voel jy jy gee min,
moet nooit ooit dink:
’Sal hy sien ek het als gegee?’
Kyk deur ons God se oë –
hy wil hê jy moet ook
jouself sien soos die weduwee. God weet
as jy als gee.
(OORGANG)
Hy sien meer as ons. Sy oë kyk reg deur
tot wie ons regtig diep in ons is. En hy weet
wie ons elkeen kan wees. Hy weet!
(REFREIN)
Al voel jy jy gee min,
moet nooit ooit dink:
’Sal hy sien ek het als gegee?’
Kyk deur ons God se oë –
hy wil hê jy moet ook
jouself sien soos die weduwee. God weet
as jy als gee.
Sien jouself deur ons God se oë.