Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

By die huis

By die huis

Laai af:

  1. 1. Ek het u hand laat gaan,

    toe die winde my kom haal.

    Alles was net te swaar,

    toe’t ek weggedwaal en verlore geraak.

    Maar u’t my gehoor in die wind,

    u’t my kom soek en huis toe gebring.

    (REFREIN)

    U’t my gevind, in u arms gedra.

    My t’ruggebring hier waar ek op kon staan.

    U’t my t’rug huis toe gelei, nou’s my pyn als verby,

    my familie’s om my – dis my huis.

  2. 2. Daar’s net een plek soos dié.

    Dis jou ‘skuilplek teen die wind’.

    Kalmte, hoop en rus

    en goeie vriende is wat jy hier sal vind.

    En al voel jy nou ver van ons God,

    hoor hy as jy smeek om huis toe te kom.

    (REFREIN)

    Hy sal jou vind, met jou praat deur sy Woord.

    Jou help onthou dat jy nog aan hom behoort.

    Hy sal jou t’rug huis toe lei, dan’s jou pyn als verby,

    niks sal ons van jou skei – dis jou huis.

    (OORGANG)

    Ja, ons sal uitroep:

    ‘Jy’s welkom hier by die huis!

    Jy maak ons so bly,

    want jy behoort hier en nou’s jy

    by die huis,

    dis jou huis!’

    (REFREIN)

    U’t my gevind, in u arms gedra.

    My t’ruggebring hier waar ek nou vasstaan.

    U’t my t’rug huis toe gelei.

    My alleenwees is verby!

    Ek’s by die huis.