Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Geweldsmisdade Die reeks “Geweldsmisdade—Is daar ’n oplossing?” (8 Julie 2003) is besonder goed geskryf. Ek het gehou van die manier waarop die eerste artikel die feite gegee het sonder om te sê wat die oplossing is. Dit het eenvoudig afgesluit met ’n paar gedagteprikkelende vrae wat die leser help besef hoe ernstig die probleem is. Daarna is die skriftuurlike oplossings uiteengesit. Die beste woorde waaraan ek kan dink om die artikels te beskryf, is baie boeiend!

A. L., Verenigde State

Die laaste artikel in hierdie reeks, “’n Realistiese oplossing—Is dit moontlik?”, het my help besef dat mense hulle denke en gesindheid moet verander voordat hulle geregtigheid sal liefhê. Ons almal moet deur Jehovah God geleer word, soos Jesaja 54:13 sê. Met Jehovah se hulp kan ons nou reeds begin leer om die soort mense te wees wat Jehovah wil hê ons moet wees.

V. K., Verenigde State

Tour de France Ek het die artikel “Die Tour de France—100 jaar van fietsry se grootste toets” (8 Julie 2003) terdeë geniet. Ek het vroeër aan amateurfietswedrenne deelgeneem. Hoewel ek elke jaar na die televisie-uitsending van die Tour de France kyk, het ek glad nie geweet hoe dit ontstaan het of dat die 100ste bestaansjaar daarvan in 2003 gedenk is nie. Die artikel het dade van “sportmanskap” gemeld. Ek dink dít is wat soveel mense lok.

R. S., Japan

Ek is tien jaar oud en het die artikel oor die Tour de France baie geniet. Dankie vir alles wat julle oor die geskiedenis van fietswedrenne verduidelik het. Ek hoop dat julle meer artikels oor sport sal skryf.

J. F., Frankryk

Sand Ek het die artikel “Die wonder van sand” (8 Mei 2003) met belangstelling gelees. Die beskrywing van hoe sand vorm en van die lewensvorme wat in sand gevind word, is werklik interessant. Ek is verbaas oor die verskeidenheid kleure van sand. Dink net, sonder sand sou ons nie glas of sement—wat so nuttig is—gehad het nie! Dankie vir hierdie wonderlike inligting.

N. N., Suid-Afrika

Suikersiekte Baie dankie vir die voorbladreeks “Die lewe met suikersiekte” (8 Mei 2003). Ek het al 12 jaar lank Tipe 1-diabetes, en my behandeling sluit gereelde insulieninspuitings in. My vrou is ’n ware steunpilaar. Ons al twee hou aan om meer van die siekte te leer, ons besoek saam die dokter en ek lê my daarop toe om ’n positiewer gesindheid aan te kweek. Aangesien ek as ’n reisende opsiener dien, het ek opgemerk dat mede-Christene meer daarvan bewus is dat hulle vriendelik en geduldig teenoor ’n sieke moet wees sodat hulle hom kan help om die lewe se uitdagings die hoof te bied. So ’n gesindheid help my om aan te hou om die gemeentes te bedien. Hierdie reeks artikels het op die regte tyd gekom. Nogmaals baie dankie.

W. B., Pole

Ek het al 28 jaar lank suikersiekte. Tien van my familielede ly ook daaraan. Julle reeks bevat die omvattendste inligting wat ek tot nog toe gesien het. Die artikels weerspieël ons Skepper se liefde—iets wat nie in sekulêre artikels oor die onderwerp gesien kan word nie. Aangesien ek nie te afhanklik van my gesin wou wees nie, het ek die feit dat ek siek is vir ander probeer wegsteek. Ek het dit geniet om ander te versorg. Maar hierdie artikel het my gehelp om te sien dat ek na myself moet omsien sodat ek ander beter kan versorg.

L. P., Frankryk