Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Verenigde State

“’n Roker kos sy werkgewer . . . $5 816 [R57 520] per jaar meer as ’n nieroker”, sê ’n berig in The New York Times. Volgens inligting wat deur navorsers by die Ohio-staatsuniversiteit ingesamel is, is die geskatte bykomende koste te wyte aan rookpouses, hoër gesondheidsorgkoste en afwesigheid. Nog ’n faktor is verlore produktiwiteit, waarskynlik weens die onttrekkingsimptome van nikotienverslawing.

Italië

“Die feit dat daar ’n verskil is tussen wat gelowiges sowel as priesters sê en doen, tussen hulle woorde en lewenswyse, ondermyn die Kerk se geloofwaardigheid.”—Pous Fransiskus.

Maleisië

Die Maleisiese owerheid het 24 ton gesmokkelde ivoor gevind—meer as 1 000 olifanttande—wat in twee besendings mahoniehout versteek was. Natuurbewaarders het gesê dat dit die grootste hoeveelheid ivoor is waarop daar tot dusver beslag gelê is. Die besending het oorspronklik van Togo af gekom en was op pad na China.

Afrika

Volgens ’n 2012-verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie is 63 persent van die sterftes in Afrika veroorsaak deur oordraagbare siektes, veral MIV/vigs, diarreale siektes, malaria, tuberkulose en kindersiektes.

Australië

Toepassingsagteware (apps) vir dobbelspeletjies wat op slimfone en ander toestelle gelaai kan word, het onder kinders gewild geword. Van die sagteware boots werklike casinospeletjies na, maar dit is makliker om te wen. ’n Regeringsverslag waarsku dat sulke speletjies kinders kan laat dink dat dit nie verkeerd is om te dobbel nie “en daartoe kan lei dat hulle in die toekoms probleemdobbelaars word”.