Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jou raaiselagtige trane

Jou raaiselagtige trane

VAN ons geboortedag af is huil deel van ons lewe. Toe ons babas was, verduidelik ’n deskundige, was huil soos ’n naelstring wat ons met ander verbind het, want ons het gehuil sodat daar in ons emosionele en fisiese behoeftes voorsien kon word. Maar waarom huil ons wanneer ons ouer word, aangesien ons op ander maniere kan kommunikeer?

Ons stort emosionele trane om verskeie redes. Ons huil dalk weens droefheid, frustrasie of omdat ons fisiese of sielkundige lyding verduur. Maar groot blydskap, verligting en sukses kan eweneens aanleiding gee tot emosionele tranein hierdie geval trane van vreugde. Trane kan ook aansteeklik wees. “As ek iemand sien huilom watter rede ook alkan ek nie anders as om self te huil nie”, sê María. Denkbeeldige situasies in ’n rolprent of ’n boek het jou miskien ook al laat huil.

Om te huil, ongeag die rede, is ’n kragtige manier om sonder woorde te kommunikeer. “Daar is min ander maniere om soveel in so ’n kort tydjie te sê”, verduidelik die boek Adult Crying. Trane lok reaksies uit. Dit is byvoorbeeld vir die meeste van ons moeilik om trane van droefheid te ignoreer omdat dit vir ons ’n aanduiding is dat iemand ly. Ons sal moontlik probeer om die persoon wat huil, te vertroos of te help.

Party deskundiges meen dat huil ’n nuttige uitlaatklep vir ons gevoelens is en dat dit nadelig kan wees vir ons gesondheid as ons gereeld ons trane inhou. Ander voer aan dat die fisiese of sielkundige voordele van huil nog nie wetenskaplik bewys is nie. Opnames toon egter dat sowat 85 persent van vroue en 73 persent van mans beter voel nadat hulle gehuil het. “Soms weet ek dat ek moet huil”, verduidelik Noemí. “Daarna voel ek verlig en kan ek sake weer nugter beskou, in die regte perspektief.”

Opnames toon dat sowat 85 persent van vroue en 73 persent van mans beter voel nadat hulle gehuil het

Maar hierdie gevoel van verligting hang dalk nie net van trane af nie. Die manier waarop ander reageer wanneer ons huil, speel ook ’n belangrike rol. Wanneer ons trane ander byvoorbeeld beweeg om ons te vertroos of ons te help, voel ons verlig.  Maar as ons trane nie ’n goeie reaksie uitlok nie, sal ons miskien skaam of verworpe voel.

Dit is duidelik dat daar nog baie raaisels in verband met huil is. Maar ons weet wel dat huil een van die interessante emosionele reaksies is wat God ons gegee het.