Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Verenigde State

Party polisiebeamptes gebruik tegnologie om motorjaagtogte minder gevaarlik te maak. Een metode wat getoets word, is om lanseerders wat met saamgeperste lug werk, aan die voorkant van patrolliemotors aan te bring. Dit vuur GPS-opsporingstoestelle af wat vassit aan die voertuie wat agtervolg word. Verdagtes kan dan teen ’n veilige snelheid agtervolg word.

Indië

Volgens skatting word daar elke uur ’n vrou doodgemaak weens ’n geskil oor haar bruidskat. Hoewel die gebruik om ’n bruidskat te gee en te aanvaar, amptelik verbied is, is meer as 8 200 vroue in 2012 vermoor omdat ’n bruidegom of sy familie gemeen het dat sy bruid se bruidskat nie genoeg is nie.

Switserland

Piepklein sensors wat aan drie witpenswindswaels vasgemaak is by hulle broeiplek, het getoon dat die voëls tydens hulle migrasie na Afrika meer as 200 dae lank ononderbroke gevlieg het. Vroeër is sulke ononderbroke migrasiereise slegs by seediere waargeneem.

Horing van Afrika

Seerowers het 179 skepe tussen April 2005 en Desember 2012 naby die kus van die Horing van Afrika gekaap. Volgens ’n studie deur die Wêreldbank het hierdie misdade die seerowers tot R4 miljard aan losprysgeld in die sak gebring.