Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | IS BYBELBEGINSELS OP ONS TYD VAN TOEPASSING?

Waardes wat nommerpas en tydloos is—Getrouheid

Waardes wat nommerpas en tydloos is—Getrouheid

BYBELBEGINSEL: “Laat die huwelik onder almal eerbaar wees en die huweliksbed sonder verontreiniging.”Hebreërs 13:4.

DIE VOORDELE: Party dink dat hierdie woorde outyds is. Maar hulle is verkeerd—heeltemal verkeerd! Ontrouheid maak vandag net so seer soos toe die Bybel geskryf is.—Spreuke 6:34, 35.

Jessie, wat ’n eggenoot en ’n pa is, het geskryf: “Om in die huwelik aan mekaar getrou te wees, het baie bygedra tot die sterk verhouding wat ek met my vrou het en ook tot ons geluk. Om die waarheid te sê, vertroue is baie belangrik in ’n huwelik. Ontrouheid vernietig daardie vertroue”—om nie eers te praat van die uitwerking wat dit in die toekoms op kinders het nie!

Ligaya * het haar huwelik in gevaar gestel. “Ek het met slegte mense begin assosieer”, sê sy. “Dit het daartoe gelei dat ek in die aand wilde partytjies bygewoon het en aan my man ontrou was.” Het hierdie lewenswyse haar gelukkig gemaak? Sy en haar man het heeltyd gestry, en sy was baie ongelukkig. Sy sê verder: “Ek was verleë oor die gemors waarin ek my laat beland het, en ek het besef dat my ouers reg was toe hulle gesê het: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes.’”—1 Korintiërs 15:33, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.

Ligaya voeg by: “Voordat dinge vererger het, het ek besluit om my slegte gewoontes te laat staan en die Bybel te bestudeer—en om die leringe daarin dié keer toe te pas.” Die gevolg? Sy het haar huwelik gered, en haar man het haar met meer liefde en respek begin behandel. “Die Bybel het my lewe verander”, sê sy, “en ek is glad nie spyt dat ek my ou gewoontes laat vaar het en my sogenaamde vriende agtergelaat het nie.”

^ par. 6 Van die name is verander.