Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

KRY VERLIGTING VAN STRES

Wat veroorsaak stres?

Wat veroorsaak stres?

“Die meeste volwassenes sê dat hulle al hoe meer stres het,” sê die bekende Mayo-kliniek. “Vandag se lewe is vol veranderinge en onsekerhede.” Kyk na van die veranderinge en onsekerhede wat tot stres bydra:

  • egskeiding

  • die dood van ’n geliefde

  • ernstige siekte

  • ernstige ongelukke

  • misdaad

  • die vinnige pas van die lewe

  • natuurlike of mensgemaakte rampe

  • druk by die skool of by die werk

  • bekommernisse oor werk en finansiële sekuriteit