Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

5 Sal swaarkry ooit tot ’n einde kom?

5 Sal swaarkry ooit tot ’n einde kom?

Hoekom dit saak maak

As daar ’n rede is om te glo dat swaarkry tot ’n einde sal kom, kan dit ons ’n beter beskouing van die lewe en selfs van God gee.

Iets om oor te dink

Baie mense wil ’n einde maak aan swaarkry, maar daar is baie min wat hulle hieraan kan doen. Kyk na die volgende:

Al is daar mediese vooruitgang . . .

  • is hartsiektes nog steeds die grootste oorsaak van sterftes.

  • maak kanker elke jaar miljoene mense dood.

  • “het die wêreld die heeltyd te doen met aansteeklike siektes wat die mens bedreig. Van hierdie siektes bestaan al lank, het nou net vorendag gekom of het nou weer ’n probleem geword”, skryf dr. David Bloom in die tydskrif Frontiers in Immunology.

Al het party lande baie geld . . .

  • sterf miljoene kinders elke jaar, en kinders in arm gebiede word heel moontlik die meeste hierdeur geraak.

  • het miljarde mense nie toegang tot behoorlike sanitasie nie.

  • het honderde miljoene mense nie toegang tot skoon water nie.

Al is daar meer bewustheid van menseregte . . .

  • is daar nog steeds mensehandel in baie lande. Die mense wat nie die skuldiges aankla of vervolg nie, “maak of die probleem nie bestaan nie of het nie die hulpbronne om die probleem op te los nie”, sê ’n verslag deur die Verenigde Nasies.

    VIND MEER UIT

    Kyk na die video Wat is God se Koninkryk? op jw.org.

Wat die Bybel sê

God gee vir ons om.

Hy ignoreer nie ons pyn en hartseer nie.

“[God] het nie die lyding van die onderdrukte geïgnoreer of sy oë daarvoor toegemaak nie. Hy het nie sy gesig van hom af weggedraai nie. Toe hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.” – PSALM 22:24.

“Gee al julle bekommernisse oor aan God, want hy gee om vir julle.” – 1 PETRUS 5:7.

Swaarkry sal nie vir ewig aanhou nie.

Die Bybel belowe dat God se doel vir ons waar sal word.

“God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.” – OPENBARING 21:4.

God sal iets doen aan die oorsake van swaarkry.

Hy sal dit doen deur middel van sy Koninkryk, wat in die Bybel beskryf word as ’n regte regering.

“Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. En hierdie koninkryk sal nie aan ’n ander volk oorgedra word nie. . . . Dit alleen sal vir ewig bestaan.” – DANIËL 2:44.