Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 1

Van die skepping tot die Vloed

Van die skepping tot die Vloed

Waar het die hemel en die aarde vandaan gekom? Hoe het die son, maan en sterre, asook al die dinge op die aarde, daar gekom? Die Bybel gee die ware antwoord wanneer dit sê dat God dit geskep het. Daarom begin ons boek met Bybelverhale oor die skepping.

Ons leer dat die eerste dinge wat God geskep het, geespersone soos hy was. Hulle was engele. Maar die aarde is geskep vir mense soos ons. Daarom het God die man en vrou, Adam en Eva, gemaak en hulle in ’n pragtige tuin gesit. Maar hulle was ongehoorsaam aan God en het die reg verloor om aan te hou lewe.

Van Adam se skepping af tot die groot Vloed was altesaam 1 656 jaar. Gedurende hierdie tyd het daar baie persone gelewe wat sleg was. In die hemel was daar die onsigbare geespersone—Satan en sy slegte engele. Op die aarde was daar Kain en baie ander slegte mense, onder andere sekere buitengewoon sterk manne. Maar daar was ook goeie mense op die aarde—Abel, Henog en Noag. In DEEL 1 gaan ons van al hierdie mense en gebeure lees.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 1

God begin om dinge te maak

Die skeppingsverhaal in Genesis is selfs vir jong kinders verstaanbaar en fassinerend.

VERHAAL 2

’n Pragtige tuin

Volgens Genesis, het God die tuin van Eden ’n spesiale plek gemaak. God wil hê dat die hele aarde net soos daardie pragtige tuin moet wees.

VERHAAL 3

Die eerste man en vrou

God het Adam en Eva geskep en hulle in die tuin van Eden geplaas. Hulle het die eerste getroude paartjie geword.

VERHAAL 4

Hulle verloor hulle tuiste

Die Bybelboek Genesis vertel vir ons hoe die mens die oorspronklike paradys verloor het.

VERHAAL 5

’n Moeilike lewe begin

Buite die tuin van Eden het Adam en Eva voor baie probleme te staan gekom. As hulle maar net aan God gehoorsaam was, sou hulle en hulle kinders ’n gelukkige lewe gehad het.

VERHAAL 6

’n Goeie en ’n slegte seun

Die verhaal van Kain en Abel, soos opgeteken in Genesis, leer ons watter soort mense ons moet wees—en watter gesindhede ons moet verander voor dit te laat is.

VERHAAL 7

’n Dapper man

Henog se voorbeeld wys dat jy kan doen wat reg is, al doen mense rondom jou slegte dinge.

VERHAAL 8

Reuse op die aarde

Genesis hoofstuk 6 vertel van reuse wat mense seergemaak het. Daardie reuse, wat Nefilim genoem is, was kinders van gevalle engele wat die hemel verlaat en as mense gelewe het.

VERHAAL 9

Noag bou ’n ark

Noag en sy gesin het die Vloed oorleef omdat hulle God gehoorsaam het al wou ander nie luister nie.

VERHAAL 10

Die groot Vloed

Mense het oor Noag se waarskuwingsboodskap gelag. Maar hulle het nie gelag toe die Vloedwater uit die lug geval het nie! Vind uit hoe Noag se ark Noag, sy gesin en baie diere gered het.