Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 2

Van die Vloed tot die verlossing uit Egipte

Van die Vloed tot die verlossing uit Egipte

Net agt mense het die Vloed oorleef, maar later het hulle tot derduisende toegeneem. Toe, 352 jaar ná die Vloed, is Abraham gebore. Ons leer hoe God sy belofte gehou het deur vir Abraham ’n seun met die naam Isak te gee. Van Isak se twee seuns is Jakob deur God gekies.

Jakob het ’n groot gesin van 12 seuns en ’n paar dogters gehad. Jakob se 10 seuns het hulle jonger broer Josef gehaat en hom verkoop om ’n slaaf in Egipte te word. Later het Josef ’n belangrike heerser in Egipte geword. Toe daar ’n groot hongersnood kom, het Josef sy broers getoets om te sien of hulle verander het. Uiteindelik het Jakob se hele gesin, die Israeliete, na Egipte toe getrek. Dit was 290 jaar nadat Abraham gebore is.

Gedurende die volgende 215 jaar het die Israeliete in Egipte gewoon. Ná Josef se dood het hulle daar slawe geword. Later is Moses gebore, en God het hom gebruik om die Israeliete uit Egipte te verlos. DEEL 2 dek altesaam 857 jaar van die geskiedenis.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 11

Die eerste reënboog

Wanneer jy ’n reënboog sien, waaraan moet dit jou herinner?

VERHAAL 12

Mense bou ’n groot toring

Omdat God nie daarvan gehou het nie, het hy hulle gestraf, en hierdie straf raak ons tot vandag toe.

VERHAAL 13

Abraham—’n Vriend van God

Waarom het Abraham sy gerieflike huis verlaat om die res van sy lewe in tente te woon?

VERHAAL 14

God toets Abraham se geloof

Hoekom het God Abraham gevra om sy seun Isak te offer?

VERHAAL 15

Lot se vrou het omgekyk

Wat sy gedoen het, kan vir ons ’n waardevolle les wees.

VERHAAL 16

Isak kry ’n goeie vrou

Waarom was Rebekka so ’n goeie vrou? Was dit omdat sy mooi was, of was dit iets anders?

VERHAAL 17

’n Tweeling wat verskil het

Isak, hulle vader, het meer van Esau gehou, maar Rebekka, hulle moeder, was die liefste vir Jakob.

VERHAAL 18

Jakob gaan na Haran

Jakob het eers met Lea getrou, al was hy verlief op Ragel.

VERHAAL 19

Jakob het ’n groot gesin

Is die 12 stamme van Israel na Jakob se 12 seuns vernoem?

VERHAAL 20

Dina kom in die moeilikheid

Dit het alles begin met die verkeerde vriende.

VERHAAL 21

Josef se broers haat hom

Waarom wou party van hulle hulle eie broer doodmaak?

VERHAAL 22

Josef in die tronk

Hy is soontoe gestuur omdat hy gedoen het wat reg is, nie omdat hy die wet oortree het nie.

VERHAAL 23

Farao se drome

Die sewe koeie en die sewe graanare het iets in gemeen.

VERHAAL 24

Josef toets sy broers

Josef se broers het hom as ’n slaaf verkoop. Hoe kan hy weet of hulle werklik verander het?

VERHAAL 25

Die gesin trek na Egipte

Waarom word Jakob se familielede Israeliete genoem en nie Jakobiete nie?

VERHAAL 26

Job is getrou aan God

Job het sy rykdom, sy gesondheid en al sy kinders verloor. Was God besig om hom te straf?

VERHAAL 27

’n Slegte koning in Egipte

Hoekom het hy beveel dat al die Israelitiese babaseuntjies doodgemaak moet word?

VERHAAL 28

Hoe baba Moses gered is

Sy ma vind ’n manier om hom te red toe daar beveel is dat al die Israelitiese babaseuntjies doodgemaak moet word.

VERHAAL 29

Hoekom Moses gevlug het

Toe Moses 40 jaar oud was, het hy gedink dat hy reg was om die Israeliete te red, maar hy was nie.

VERHAAL 30

’n Bos wat brand

God doen wonderwerke en sê vir Moses dat die tyd aangebreek het om die Israeliete uit Egipte te bevry.

VERHAAL 31

Moses en Aäron by Farao

Waarom luister Farao nie na Moses en laat hy die Israeliete nie gaan nie?

VERHAAL 32

Die 10 plae

God het 10 plae oor Egipte gebring omdat die Egiptiese heerser Farao hardkoppig geweier het om die Israeliete te laat gaan.

VERHAAL 33

Deur die Rooi See

Moses verdeel die Rooi See met behulp van God se krag en die Israeliete loop op droë grond deur.