Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VERHAAL 17

’n Tweeling wat verskil het

’n Tweeling wat verskil het

HIERDIE twee seuns verskil baie van mekaar, nie waar nie? Ken jy hulle name? Die jagter is Esau, en die seun wat die skape oppas, is Jakob.

Esau en Jakob was die tweeling van Isak en Rebekka. Hulle pa, Isak, het baie van Esau gehou omdat hy ’n goeie jagter was wat vir die gesin kos huis toe gebring het. Maar Rebekka was die liefste vir Jakob, want hy was ’n stil, rustige seun.

Oupa Abraham het nog gelewe, en ons kan ons net voorstel hoe Jakob dit geniet het om te luister wanneer hy oor Jehovah gepraat het. Abraham het op die ouderdom van 175 jaar doodgegaan, toe die tweeling 15 jaar oud was.

Toe Esau 40 jaar oud was, het hy met twee vroue van die land Kanaän getrou. Dit het Isak en Rebekka baie hartseer gemaak, want hierdie vroue het nie vir Jehovah aanbid nie.

Eendag het iets gebeur wat Esau baie kwaad gemaak het vir sy broer, Jakob. Die tyd het gekom vir Isak om sy oudste seun te seën. Omdat Esau ouer was as Jakob, het Esau verwag om hierdie seën te kry. Maar Esau het die reg om die seën te kry, vroeër aan Jakob verkoop. God het ook toe die twee seuns gebore is, gesê dat Jakob die seën sou kry. En dit is wat gebeur het. Isak het die seën aan sy seun Jakob gegee.

Toe Esau later hiervan hoor, het hy baie kwaad geword vir Jakob. Hy was so kwaad dat hy gesê het hy gaan Jakob doodmaak. Toe Rebekka dit hoor, was sy baie bekommerd. Daarom het sy vir Isak gesê: ‘Dit sal verskriklik wees as Jakob ook met een van hierdie vroue van Kanaän trou.’

Toe het Isak sy seun Jakob geroep en vir hom gesê: ‘Moenie met ’n vrou van Kanaän trou nie. Gaan liewer na die huis van jou oupa Beʹtuel in Haran. Trou met een van die dogters van sy seun Laban.’

Jakob het na sy pa geluister en het dadelik met die lang reis na sy familielede in Haran begin.