Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 3

Van die verlossing uit Egipte tot Israel se eerste koning

Van die verlossing uit Egipte tot Israel se eerste koning

Moses het die Israeliete uit gevangenskap in Egipte na die berg Sinai gelei, waar God sy wette vir hulle gegee het. Later het Moses 12 mans gestuur om die land Kanaän te verken. Maar 10 van hulle het met ’n slegte verslag teruggekom. Hulle het gemaak dat die mense na Egipte toe wou teruggaan. Weens hulle gebrek aan geloof het God die Israeliete gestraf deur hulle 40 jaar lank in die wildernis te laat rondtrek.

Later is Josua gekies om die Israeliete in die land Kanaän in te lei. Om hulle te help om die land oor te neem, het Jehovah wonderwerke laat gebeur. Hy het die Jordaanrivier laat ophou vloei, die mure van Jerigo laat inmekaarval en die son ’n hele dag laat stilstaan. Ná ses jaar is die land van die Kanaäniete afgeneem.

Van die tyd van Josua af het rigters 356 jaar lank oor Israel regeer. Ons leer van baie van hulle, soos Barak, Gideon, Jefta, Simson en Samuel. Ons lees ook van vroue soos Ragab, Debora, Jael, Rut, Naomi en Delila. DEEL 3 dek altesaam 396 jaar van die geskiedenis.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 34

’n Nuwe soort kos

Hierdie spesiale kos van God reën uit die hemel.

VERHAAL 35

Jehovah gee sy wette

Watter twee gebooie is groter as die Tien Gebooie?

VERHAAL 36

Die goue kalf

Waarom sou mense ’n beeld aanbid wat van gesmelte oorringe gemaak is?

VERHAAL 37

’n Tent vir aanbidding

Die verbondsark was in die binneste vertrek.

VERHAAL 38

Die 12 spioene

Tien van die spioene sê een ding, maar twee van hulle sê iets anders. Vir wie glo die Israeliete?

VERHAAL 39

Aäron se staf kry blomme

Hoe kon daar oornag blomme en ryp vrugte uit ’n stuk dooie hout groei?

VERHAAL 40

Moses slaan die rots

Toe Moses die rots slaan, het daar wel water uitgekom, maar hy het Jehovah kwaad gemaak.

VERHAAL 41

Die koperslang

Waarom stuur God giftige slange om die Israeliete te pik?

VERHAAL 42

’n Donkie praat

Die donkie sien iets wat Bileam nie kan sien nie.

VERHAAL 43

Josua word leier

Moses is nog sterk. Waarom word hy dan deur Josua vervang?

VERHAAL 44

Ragab help die spioene

Hoe help Ragab die twee mans, en watter guns vra sy hulle?

VERHAAL 45

Deur die Jordaanrivier

’n Wonderwerk gebeur wanneer die priesters in die water inloop.

VERHAAL 46

Die mure van Jerigo

Hoe kon ’n tou keer dat ’n muur inmekaarval?

VERHAAL 47

’n Dief in Israel

Kan een man probleme vir ’n hele nasie veroorsaak?

VERHAAL 48

Die wyse Gibeoniete

Hulle bedrieg Josua en die Israeliete om ’n belofte te maak, maar die Israeliete hou hulle belofte.

VERHAAL 49

Die son staan stil

Jehovah doen iets vir Josua wat hy nog nooit voorheen gedoen het en ook nooit weer gedoen het nie.

VERHAAL 50

Twee dapper vroue

Barak lei Israel se leër in die geveg. Waarom kry Jael die eer?

VERHAAL 51

Rut en Naomi

Rut verlaat haar tuiste om by Naomi te bly en Jehovah te dien.

VERHAAL 52

Gideon en sy 300 manne

God het hierdie klein leër met behulp van ’n ongewone toets gekies.

VERHAAL 53

Jefta se belofte

Sy belofte aan Jehovah het nie net hom geraak nie, maar ook sy dogter.

VERHAAL 54

Die sterkste man

Hoe het Delila uitgevind wat die geheim van Simson se krag is?

VERHAAL 55

’n Seuntjie dien God

God gebruik jong Samuel om ’n snydende boodskap aan die Hoëpriester Eli oor te dra.