Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Verhaal 37

’n Tent vir aanbidding

’n Tent vir aanbidding

WEET jy wat hierdie gebou is? Dit is ’n spesiale tent om Jehovah te aanbid. Dit word ook die tabernakel genoem. Die volk het dit klaar gebou een jaar nadat hulle uit Egipte weggegaan het. Weet jy wie se idee dit was?

Dit was Jehovah se idee. Terwyl Moses op die berg Siʹnai was, het Jehovah vir hom vertel hoe om dit te bou. Hy het gesê dat hulle dit moes maak sodat dit maklik uitmekaargehaal kon word. Dan kon die dele na ’n ander plek toe gedra word en daar weer aanmekaargesit word. Wanneer die Israeliete van plek tot plek in die wildernis getrek het, het hulle die tent saamgevat.

As jy in die kleiner kamer aan die end van die tent kyk, kan jy ’n kis sien. Dit word die verbondsark genoem. Dit het twee engele of gerubs van goud gehad, een op elke punt. God het weer die Tien Gebooie op twee plat klippe geskryf, want Moses het die eerste twee gebreek. En hierdie klippe is binne-in die verbondsark gehou. Daar is ook ’n houer met manna daarin gehou. Onthou jy wat manna is?

Jehovah kies Moses se broer Aäron om die hoëpriester te wees. Hy lei die volk in hulle aanbidding van Jehovah. En sy seuns is ook priesters.

Kyk nou na die groter kamer van die tent. Dit is twee keer so groot soos die kleiner kamer. Sien jy die kissie en die rook wat daarvandaan opstyg? Dit is die altaar waarop die priesters goed brand wat lekker ruik en wierook genoem word. Dan is daar die lampstaander met sewe lampe. En die derde ding in die kamer is ’n tafel. Daarop word 12 brode gehou.

In die werf rondom die tabernakel is daar ’n groot kom wat vol water is. Die priesters gebruik dit om mee te was. Daar is ook die groot altaar. Hier word die dooie diere as ’n offer aan Jehovah verbrand. Die tent is in die middel van die kamp, en die Israeliete woon in hulle tente rondom dit.