Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 5

Van gevangenskap in Babilon tot die herbouing van Jerusalem se mure

Van gevangenskap in Babilon tot die herbouing van Jerusalem se mure

Terwyl die Israeliete in Babilon in gevangenskap was, is hulle geloof baie keer beproef. Sadrag, Mesag en Abednego is in ’n brandende vuuroond gegooi, maar God het hulle lewend daaruit gebring. Later, nadat Babilon deur die Meders en die Perse oorgeneem is, is Daniël in ’n leeukuil gegooi, maar God het hom ook beskerm deur die leeus se bekke te sluit.

Uiteindelik het die Persiese koning Kores die Israeliete vrygelaat. Hulle het net mooi 70 jaar nadat hulle as gevangenes na Babilon geneem is, na hulle vaderland toe teruggegaan. Een van die eerste dinge wat hulle gedoen het toe hulle in Jerusalem teruggekom het, was om Jehovah se tempel te begin bou. Maar vyande het gou ’n einde aan die werk gemaak. Daarom het hulle eers omtrent 22 jaar nadat hulle in Jerusalem teruggekom het, die tempel uiteindelik klaar gebou.

Daarna leer ons van Esra se reis na Jerusalem om die tempel mooi te maak. Dit was omtrent 47 jaar nadat die tempel klaar gebou is. Toe, 13 jaar ná Esra se reis, het Nehemia gehelp om Jerusalem se afgebreekte mure te herbou. DEEL 5 dek 152 jaar van die geskiedenis tot op hierdie tyd.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 77

Hulle weier om neer te buig

Sou God hierdie drie gehoorsame jong mans uit die vuuroond red?

VERHAAL 78

Die skrif teen die muur

Die profeet Daniël vertolk vier raaiselagtige woorde.

VERHAAL 79

Daniël in die leeukuil

Daniël het die doodstraf ontvang, maar kon hy dit vermy het?

VERHAAL 80

God se volk verlaat Babilon

Koning Kores van Persië het ’n profesie vervul toe hy Babilon verower het, en nou vervul hy nog een.

VERHAAL 81

Vertroue op God se hulp

Die Israeliete verbreek mensgemaakte wette om God se wette te gehoorsaam. Sal God hulle seën?

VERHAAL 82

Mordegai en Ester

Koningin Vasti was pragtig, maar koning Ahasveros het haar met Ester vervang as sy nuwe koningin. Waarom?

VERHAAL 83

Die mure van Jerusalem

Terwyl die werkers die muur herbou, moet hulle hulle swaarde en spiese dag en nag by hulle hou.