Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 6

Van Jesus se geboorte tot sy dood

Van Jesus se geboorte tot sy dood

Die engel Gabriël is na ’n goeie jong vrou met die naam Maria gestuur. Hy het vir haar gesê dat sy ’n kind sou hê wat vir ewig as koning sou regeer. Die kind, Jesus, is in ’n stal gebore waar herders na hom toe gekom het. Later het ’n ster mans uit die Ooste na die jong kind toe gelei. Ons leer wie hulle daardie ster laat sien het en hoe Jesus gered is van die pogings om hom dood te maak.

Daarna sien ons die twaalfjarige Jesus waar hy met die leermeesters in die tempel gesels. Agtien jaar later is Jesus gedoop, en toe het hy begin met die Koninkrykspredikings- en onderrigtingswerk wat God hom na die aarde toe gestuur het om te doen. Om hom met hierdie werk te help, het Jesus 12 mans gekies en hulle sy apostels gemaak.

Jesus het ook baie wonderwerke gedoen. Hy het duisende mense met net ’n paar vissies en ’n paar brode kos gegee. Hy het siekes gesond gemaak en selfs dooies opgewek. Dan leer ons ook van al die dinge wat op die laaste dag van Jesus se lewe met hom gebeur het en hoe hy doodgemaak is. Jesus het omtrent drie en ’n half jaar lank gepreek. DEEL 6 dek net ’n bietjie meer as 34 jaar.

 

IN HIERDIE GEDEELTE

VERHAAL 84

’n Engel kom na Maria toe

Hy bring ’n boodskap van God: Maria gaan ’n baba hê wat vir ewig koning gaan wees.

VERHAAL 85

Jesus word in ’n stal gebore

Waarom sou ’n toekomstige koning gebore word waar diere gevoer word?

VERHAAL 86

Mans gelei deur ’n ster

Wie het die sterrewiggelaars na Jesus gelei? Die antwoord sal jou dalk verras.

VERHAAL 87

Jong Jesus in die tempel

Hy het iets wat selfs die leermeesters by die tempel verstom het.

VERHAAL 88

Johannes doop vir Jesus

Johannes het sondaars gedoop, maar Jesus het nooit gesondig nie. Waarom het Johannes hom dan gedoop?

VERHAAL 89

Jesus reinig die tempel

Jesus openbaar ’n soort liefde wat hom kwaad maak.

VERHAAL 90

Die vrou by die put

Hoe kan die water wat Jesus haar aanbied, verhoed dat sy ooit weer dors word?

VERHAAL 91

Jesus leer op ’n berg

Leer tydlose wysheid uit die Bergpredikasie.

VERHAAL 92

Jesus wek dooies op

Met behulp van God se heilige gees het Jesus Jaïrus se dogter met twee eenvoudige woorde opgewek.

VERHAAL 93

Jesus gee baie mense kos

Wat het Jesus bewys toe hy duisende wonderdadig gevoed het?

VERHAAL 94

Hy is lief vir kindertjies

Jesus leer die apostels dat hulle baie het om te leer, nie net oor die kinders nie, maar ook by die kinders.

VERHAAL 95

Hoe Jesus ander leer

Jesus se gelykenis van die goeie Samaritaan is ’n voorbeeld van die onderrigstyl wat hy die meeste gebruik het.

VERHAAL 96

Jesus maak siekes gesond

Wat bereik Jesus deur al die wonderwerke wat hy verrig?

VERHAAL 97

Jesus kom as koning

Groot skares verwelkom Jesus, maar nie almal is gelukkig hieroor nie.

VERHAAL 98

Op die Olyfberg

Jesus vertel vier van sy apostels van dinge wat in ons tyd plaasvind.

VERHAAL 99

In ’n bokamer

Waarom sê Jesus vir die dissipels om elke jaar hierdie spesiale herdenking te hou?

VERHAAL 100

Jesus in die tuin

Waarom het Judas Jesus met ’n soen verraai?

VERHAAL 101

Jesus word doodgemaak

Terwyl Jesus aan die paal doodgaan, maak hy ’n belofte oor die paradys.