Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VERHAAL 115

’n Nuwe paradys op aarde

’n Nuwe paradys op aarde

KYK na daardie groot bome, mooi blomme en hoë berge. Is dit nie ’n pragtige plek nie? Kyk hoe eet die bokkie uit die seuntjie se hand. En kyk na die leeus en die perde daar agter in die veld. Sal jy nie daarvan hou om in ’n huis in so ’n plek te bly nie?

God wil hê dat jy vir ewig in ’n paradys op die aarde moet lewe. En hy wil nie hê dat jy aan die kwale en pyne moet ly wat mense vandag het nie. Aan die mense wat in die nuwe paradys gaan lewe, belowe die Bybel: ‘God sal met hulle wees. Daar sal nie meer dood of gehuil of pyn wees nie. Die ou dinge het verbygegaan.’

Jesus sal sorg dat hierdie wonderlike verandering plaasvind. Weet jy wanneer? Ja, nadat hy alle slegte dinge en slegte mense van die aarde weggeneem het. Onthou, toe Jesus op die aarde was, het hy mense met allerhande siektes gesond gemaak, en hy het selfs dooies opgewek. Jesus het dit gedoen om te wys wat hy oor die hele aarde gaan doen wanneer hy Koning van God se koninkryk word.

Dink net hoe wonderlik dit in die nuwe paradys op die aarde gaan wees! Jesus gaan saam met dié wat hy kies, uit die hemel regeer. Hierdie heersers sal vir almal op die aarde sorg en sal seker maak dat hulle gelukkig is. Kom ons kyk wat ons moet doen om seker te maak dat God vir ons die ewige lewe in sy nuwe paradys sal gee.