Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is dít God se voorneme?

Is dít God se voorneme?

LEES enige koerant. Kyk televisie of luister na die radio. Daar is soveel berigte van misdaad, oorlog en terrorisme! Dink aan jou eie probleme. Moontlik veroorsaak siekte of die dood van ’n geliefde vir jou groot pyn. Dalk voel jy soos die goeie man Job, wat gesê het dat hy ‘deurdrenk is van ellende’.—Job 10:15.

Vra jou af:

  • Is dít God se voorneme vir my en die res van die mensdom?

  • Waar kan ek hulp kry om my probleme die hoof te bied?

  • Is daar enige hoop dat ons ooit vrede op die aarde sal hê?

Die Bybel voorsien bevredigende antwoorde op hierdie vrae.

DIE BYBEL LEER DAT GOD HIERDIE VERANDERINGE OP DIE AARDE GAAN TEWEEGBRING.

“Hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4

“Die kreupele [sal] net soos ’n takbok klim.”—Jesaja 35:6

“Die oë van die blindes [sal] geopen word.”—Jesaja 35:5

“Almal wat in die gedenkgrafte is, . . . sal uitkom.”—Johannes 5:28, 29

“Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”—Jesaja 33:24

“Daar sal volop graan op die aarde wees.” —Psalm 72:16

VIND BAAT BY WAT DIE BYBEL LEER

Moenie die dinge wat op die vorige bladsye uitgebeeld word, sommer net as ’n blote droom afmaak nie. God het belowe dat hy hierdie dinge gaan teweegbring, en die Bybel verduidelik hoe hy dit gaan doen.

Maar dit is nie al wat die Bybel doen nie. Dit voorsien ook die sleutel wat dit vir jou moontlik maak om nou al ’n waarlik vervullende lewe te lei. Dink ’n oomblik na oor jou eie sorge en probleme. Dit sluit dalk geldsake, gesinsprobleme, swak gesondheid of die dood van ’n geliefde in. Die Bybel kan jou help om nou jou probleme die hoof te bied, en dit kan verligting bring deur antwoorde te voorsien op vrae soos:

  • Waarom ly ons?

  • Hoe kan ons die sorge van die lewe die hoof bied?

  • Hoe kan ons ons gesinslewe gelukkiger maak?

  • Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?

  • Sal ons ons geliefdes wat gesterf het, ooit weer sien?

  • Hoe kan ons seker wees dat God sy beloftes vir die toekoms sal nakom?

Die feit dat jy hierdie boek lees, wys dat jy graag wil weet wat die Bybel leer. Hierdie boek sal jou daarmee help. Jy sal sien dat daar onderaan die bladsye vrae oor die paragrawe is. Miljoene het dit al geniet om hierdie vraag-en-antwoord-metode te gebruik wanneer hulle die Bybel met Jehovah se Getuies bespreek. Ons hoop jy sal ook. Mag God jou seën terwyl jy nou die opwindende en vervullende ondervinding geniet om uit te vind wat die Bybel werklik leer!