Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Waarom moet jy die Bybel ondersoek?

Waarom moet jy die Bybel ondersoek?

Is jy vertroud met die Bybel? Hierdie unieke werk is verreweg die wyds verspreide boek in die geskiedenis. Mense van alle kulture het gevind dat die boodskap daarin ’n bron van vertroosting en hoop is en dat die raad wat dit bevat, prakties is vir die alledaagse lewe. Maar baie mense weet vandag maar min van die Bybel. Of jy nou godsdienstig is of nie, jy wil dalk meer daarvan weet. Hierdie brosjure is saamgestel om jou ’n oorsig van die Bybel te gee.

VOORDAT jy ’n Bybel optel en begin lees, is dit nuttig om ’n paar dinge te weet van hoe dié boek saamgestel is. Die Bybel, wat ook die Heilige Skrif genoem word, is eintlik ’n versameling van 66 boeke, of dele, wat begin met Genesis en eindig met Openbaring, of Apokalips.

Wie is die Bybel se outeur? Dit is ’n baie interessante vraag. Die feit is dat die Skrif deur ongeveer 40 manne oor ’n tydperk van omtrent 1 600 jaar geskryf is. Dit is opmerkenswaardig dat hierdie manne nie daarop aanspraak gemaak het dat hulle die outeurs van die Bybel is nie. Een van die skrywers het gesê: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer” (2 Timoteus 3:16). ’n Ander skrywer het gesê: “Die gees van Jehovah het deur my gespreek, en sy woord was op my tong” (2 Samuel 23:2). So het die skrywers te kenne gegee dat Jehovah God, die Opperheerser van die heelal, die Bybel se Outeur is. God wil, volgens die skrywers, na aan mense wees.

Daar is nog iets wat noodsaaklik is as jy die Bybel wil verstaan. Die Skrif het een algemene tema: die regverdiging van God se reg om oor die mensdom te regeer deur middel van sy hemelse Koninkryk. Op die bladsye wat volg, sal jy sien hoe hierdie tema regdeur die Bybel loop, van Genesis tot Openbaring.

Kyk nou met die voorgaande in gedagte na die boodskap wat in die wêreld se gewildste boek, die Bybel, gevind word.

^ par. 9 Daar is verskeie maniere om jaartalle aan te dui. In hierdie brosjure staan HJ vir “huidige jaartelling”, en VHJ beteken “voor die huidige jaartelling”. Jy sal dit op die tydkaart sien wat onderaan die bladsye verskyn.