Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 2

Wie is die ware God?

Wie is die ware God?

Daar is net een ware God, en sy naam is Jehovah (Psalm 83:18). Hy is ’n Gees. Ons kan hom nie sien nie. Hy is lief vir ons en wil hê dat ons hom ook moet liefhê. Hy wil ook hê dat ons ander mense moet liefhê (Matteus 22:35-40). Hy is die Almagtige, die Skepper van alles.

God het eerste ’n magtige engel gemaak, wat later Jesus Christus genoem is. Jehovah het ook die ander engele gemaak.

Jehovah het alles in die hemel . . . en op die aarde gemaak. Openbaring 4:11

Jehovah God het die sterre en die aarde en alles daarop gemaak. – Genesis 1:1.

Hy het die eerste man uit die stof van die aarde gemaak. Sy naam was Adam. – Genesis 2:7.