Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 6

Wat leer ons uit die groot Vloed?

Wat leer ons uit die groot Vloed?

God het die slegte mense vernietig, maar het Noag en sy familie gered. Genesis 7:11, 12, 23

Dit het 40 dae en 40 nagte lank gereën. Die water was oor die hele aarde. Al die goddelose mense het doodgegaan.

Die slegte engele het terug hemel toe gegaan. Hulle het demone geword.

Noag en sy familie was in die ark en het bly lewe. Hulle het uiteindelik doodgegaan. Maar God sal hulle weer lewend maak, en dan sal hulle vir ewig lewe.

God sal weer die slegte mense vernietig en die goeie mense red. Matteus 24:37-39

Satan en die demone is nog steeds besig om mense slegte dinge te laat doen.

Net soos in Noag se dag, luister baie mense nie na Jehovah nie. Binnekort sal Jehovah almal wat sleg is, vernietig. – 2 Petrus 2:5, 6.

Party mense is soos Noag. Hulle luister na God en doen wat hy sê. Hulle is Jehovah se Getuies.