Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 9

Wanneer sal die aarde ’n paradys word?

Wanneer sal die aarde ’n paradys word?

Die probleme op die aarde wys dat God se Koninkryk binnekort iets sal doen. Lukas 21:10, 11; 2 Timoteus 3:1-5

Die Bybel het baie van die dinge voorspel wat in ons dag gebeur. Dit het gesê dat mense geldgierig, ongehoorsaam aan ouers, wreed en lief vir plesier sou wees.

Daar sou groot aardbewings, oorloë, voedseltekorte en siektes wees. Hierdie dinge gebeur nou.

Jesus het ook gesê dat die goeie nuus van die Koninkryk oor die hele aarde verkondig sou word. – Matteus 24:14.

Die Koninkryk sal alle slegte dinge wegneem. 2 Petrus 3:13

Jehovah sal binnekort al die slegte mense vernietig.

Satan en die demone sal gestraf word.

Mense wat na God luister, sal op die aarde bly lewe. Daar sal regverdigheid wees en niemand sal bang wees nie. Almal sal mekaar vertrou en liefhê.