Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 10

Watter seëninge sal mense kry wat na God luister?

Watter seëninge sal mense kry wat na God luister?

Die meeste van die dooies sal op die aarde lewend gemaak word. Handelinge 24:15

As jy na Jehovah luister, sal jy baie seëninge in die toekoms kry! Jy sal heeltemal gesond wees. Niemand sal siek of swak wees nie. Daar sal geen slegte mense wees nie, en jy sal almal kan vertrou.

Daar sal geen pyn, hartseer of trane wees nie. Niemand sal oud word en doodgaan nie.

Jou vriende en familie sal by jou wees. Die lewe in die Paradys sal baie lekker wees.

Niemand sal bang wees nie. Mense sal regtig gelukkig wees.

God se Koninkryk sal alle pyn en swaarkry laat ophou. Openbaring 21:3, 4