Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat is God se wil?

Wat is God se wil?

God wil hê dat ons vir ewig in vrede en geluk op ’n paradysaarde moet lewe!

Maar jy wonder dalk: ‘Hoe kan dit ooit gebeur?’ Die Bybel sê dat God se Koninkryk dit moontlik sal maak, en dit is God se wil dat alle mense van sy Koninkryk en sy voorneme vir ons moet leer.—Psalm 37:11, 29; Jesaja 9:7.

God wil hê dat ons onsself moet bevoordeel.

Net soos ’n goeie vader die beste vir sy kinders wil hê, wil ons hemelse Vader hê dat ons ewige geluk moet geniet (Jesaja 48:17, 18). Hy het belowe dat die een wat ‘die wil van God doen, vir ewig bly’.—1 Johannes 2:17.

God wil hê dat ons in sy paaie moet wandel.

Die Bybel sê dat ons Skepper ‘ons omtrent sy weë wil onderrig’ sodat ons ‘in sy paaie kan wandel’ (Jesaja 2:2, 3). Hy het “’n volk vir sy naam” georganiseer om sy wil regoor die aarde bekend te maak.—Handelinge 15:14.

God wil hê dat ons hom in eenheid moet aanbid.

Jehovah se rein aanbidding verdeel mense nie; dit verenig hulle eerder in opregte liefde (Johannes 13:35). Wie leer mans en vroue in alle wêrelddele vandag hoe om God in eenheid te aanbid? Ons nooi jou om met behulp van hierdie brosjure uit te vind.