Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 1

Watter soort mense is Jehovah se Getuies?

Watter soort mense is Jehovah se Getuies?

Denemarke

Taiwan

Venezuela

Indië

Hoeveel Getuies van Jehovah ken jy? Party van ons is dalk jou bure, werksmaats of klasmaats. Of ons het miskien al Bybelbesprekings met jou gehad. Wie is ons werklik, en waarom praat ons in die openbaar oor ons godsdiensoortuigings?

Ons is gewone mense. Ons kom uit verskillende agtergronde en sosiale omstandighede. Sommige van ons het voorheen ’n ander godsdiens beoefen, terwyl ander nie aan God geglo het nie. Maar voordat ons Getuies geword het, het ons almal die tyd geneem om die leringe van die Bybel noukeurig te ondersoek (Handelinge 17:11). Ons het saamgestem met wat ons geleer het, en toe het ons persoonlik besluit om Jehovah God te aanbid.

Ons vind daarby baat om die Bybel te bestudeer. Soos alle ander mense, het ons met probleme en ons eie swakhede te kampe. Maar deur Bybelbeginsels in ons daaglikse lewe te probeer toepas, het ons ’n aansienlike verbetering in ons lewensgehalte ondervind (Psalm 128:1, 2). Dit is een rede waarom ons ander vertel van die goeie dinge wat ons uit die Bybel geleer het.

Ons lewe volgens goddelike waardes. Hierdie waardes, wat in die Bybel gevind word, bevorder welsyn asook respek vir ander, sowel as eienskappe soos eerlikheid en goedhartigheid. Dit help om gesonde en produktiewe lede van die gemeenskap voort te bring, en dit bevorder gesinseenheid en sedelikheid. Ons is oortuig dat “God nie partydig is nie” en is dus deel van ’n geestelike broederskap wat werklik internasionaal is, vry van rasse- en politieke skeidsmure. Hoewel ons gewone mense is, maak ons ’n unieke volk uit.—Handelinge 4:13; 10:34, 35.

  • Wat het Jehovah se Getuies met ander mense in gemeen?

  • Watter waardes het die Getuies uit hulle studie van die Bybel geleer?