Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 4

Waarom het ons die Nuwe Wêreld-vertaling uitgegee?

Waarom het ons die Nuwe Wêreld-vertaling uitgegee?

Kongo (Kinshasa)

Rwanda

Symmachus-fragment wat die goddelike naam in Psalm 69:31 bevat, derde of vierde eeu HJ

Jehovah se Getuies het dekades lank verskillende Bybelvertalings gebruik, gedruk en versprei. Maar toe het ons gesien dat dit nodig is om ’n nuwe vertaling uit te gee wat dit vir mense makliker sou maak om die “juiste kennis van die waarheid” te leer, wat God se wil vir almal is (1 Timoteus 2:3, 4). In 1950 het ons dus dele van ons Bybel in moderne Engels, die New World Translation, begin vrystel. Hierdie Bybel is getrou en akkuraat in meer as 120 tale vertaal.

’n Bybel was nodig wat maklik is om te verstaan. Tale verander met verloop van tyd, en baie vertalings bevat onduidelike of verouderde uitdrukkings wat moeilik is om te verstaan. Boonop is ou manuskripte wat akkurater en nader aan die oorspronklikes is, ontdek, wat ’n beter begrip van Bybelse Hebreeus, Aramees en Grieks tot gevolg gehad het.

’n Vertaling was nodig wat lojaal is aan God se woord. Bybelvertalers moet hulle nie vryhede met God se geïnspireerde geskrifte veroorloof nie, maar moet eerder getrou wees aan die oorspronklike teks. In die meeste vertalings word die goddelike naam, Jehovah, egter nie in die Heilige Skrif gebruik nie.

’n Bybel was nodig wat erkenning verleen aan sy Outeur (2 Samuel 23:2). Jehovah se naam is in die Nuwe Wêreld- vertaling herstel waar dit ongeveer 7 000 keer in die oudste Bybelmanuskripte voorkom, soos in die voorbeeld hieronder gesien kan word (Psalm 83:18). Hierdie Bybel—die produk van jare van nougesette navorsing—is ’n genot om te lees, aangesien dit God se denke duidelik oordra. Of jy die Nuwe Wêreld-vertaling in jou taal het of nie, ons spoor jou aan om die goeie gewoonte aan te kweek om Jehovah se Woord elke dag te lees.—Josua 1:8; Psalm 1:2, 3.

  • Waarom het ons besluit dat ’n nuwe vertaling van die Bybel nodig is?

  • Watter daaglikse gewoonte is voordelig vir enigiemand wat wil leer wat God se wil is?