Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 20

Hoe funksioneer die Bestuursliggaam vandag?

Hoe funksioneer die Bestuursliggaam vandag?

Die eerste-eeuse bestuursliggaam

Die bestuursliggaam se brief word gelees

In die eerste eeu het ’n klein groepie, “die apostels en ouer manne in Jerusalem”, as ’n bestuursliggaam gedien om belangrike besluite namens die hele gesalfde Christengemeente te neem (Handelinge 15:2). Wanneer hulle ’n eenparige besluit geneem het, was dit die gevolg van ’n bespreking van wat die Skrif sê en onderworpenheid aan die invloed van God se gees (Handelinge 15:25). Hierdie voorbeeld word vandag gevolg.

Dit word deur God gebruik om sy wil te doen. Die gesalfde broers wat op die Bestuursliggaam dien, stel intens belang in God se Woord en is baie ervare in die hantering van praktiese en geestelike sake. Hulle vergader elke week om die behoeftes van die wêreldwye broederskap te bespreek. Soos in die eerste eeu, word Bybelse instruksies deur briewe of deur middel van reisende opsieners en ander voorsien. Dit bevorder eenheid in denke en dade onder God se volk (Handelinge 16:4, 5). Die Bestuursliggaam hou toesig oor die voorbereiding van geestelike voedsel, bevorder die Koninkrykspredikingswerk en hou toesig oor die aanstelling van broers in verantwoordelike posisies.

Dit reageer op die leiding van God se gees. Die Bestuursliggaam vertrou op die Universele Soewerein, Jehovah, en op die Hoof van die gemeente, Jesus, vir leiding (1 Korintiërs 11:3; Efesiërs 5:23). Die lede van die Bestuursliggaam beskou hulleself nie as die leiers van God se volk nie. Hulle, tesame met al die gesalfde Christene, ‘bly die Lam [Jesus] volg ongeag waar hy gaan’ (Openbaring 14:4). Die Bestuursliggaam waardeer ons gebede ten behoewe van hulle.

  • Wie het in die eerste eeu die bestuursliggaam uitgemaak?

  • Hoe streef die hedendaagse Bestuursliggaam daarna om God se leiding te verkry?