Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 22

Wat word by ’n takkantoor gedoen?

Wat word by ’n takkantoor gedoen?

Salomonseilande

Kanada

Suid-Afrika

Bethelgesinslede dien in ’n verskeidenheid afdelings wat na die predikingswerk in een of meer lande omsien. Hulle is moontlik lede van ’n vertaalspan, druk tydskrifte, bind boeke, versend lektuur, doen oudio-video-opnames of sien om na ander aangeleenthede vir daardie gebied.

’n Takkomitee hou toesig oor die werk. Die Bestuursliggaam vertrou die werking van elke takkantoor toe aan ’n Takkomitee wat uit drie of meer baie bekwame ouer manne bestaan. Die komitee hou die Bestuursliggaam op hoogte van die vordering van die werk in elke land wat onder hierdie komitee val en van enige probleme wat ontstaan. Hierdie verslae help die Bestuursliggaam om te besluit watter onderwerpe in toekomstige publikasies en by vergaderinge en byeenkomste bespreek moet word. Verteenwoordigers van die Bestuursliggaam word gereeld uitgestuur om die takkantore te besoek en die Takkomitees te voorsien van leiding in die uitvoering van hulle toewysings (Spreuke 11:14). ’n Spesiale program wat ’n toespraak deur die hoofkwartierverteenwoordiger insluit, word gereël om diegene wat in die takkantoor se gebied woon, aan te moedig.

Ondersteuning word aan die plaaslike gemeentes gegee. Verantwoordelike broers by die takkantoor keur die stigting van nuwe gemeentes goed. Broers organiseer ook die werk van die pioniers, sendelinge en kringopsieners wat in die takkantoor se gebied dien. Hulle reël byeenkomste, koördineer die oprigting van nuwe Koninkryksale en sien toe dat lektuur na die gemeentes versend word om in hulle behoeftes te voorsien. Alles wat by ’n takkantoor gedoen word, dra by tot die ordelike uitvoering van die predikingswerk.—1 Korintiërs 14:33, 40.

  • Hoe help Takkomitees die Bestuursliggaam?

  • Na watter verantwoordelikhede word daar by ’n takkantoor omgesien?