Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 24

Hoe word ons wêreldwye werk gefinansier?

Hoe word ons wêreldwye werk gefinansier?

Nepal

Togo

Brittanje

Ons organisasie publiseer en versprei elke jaar honderdmiljoene Bybels en ander publikasies kosteloos. Ons bou Koninkryksale en takkantore en hou dit in stand. Ons ondersteun duisende Betheliete en sendelinge, en ons verleen noodleniging wanneer rampe plaasvind. Dit laat jou dalk wonder: ‘Hoe word dit alles gefinansier?’

Ons samel nie tiendes in, vra nie ledegeld en neem nie kollektes op nie. Hoewel dit baie kos om ons evangelisasiewerk te ondersteun, bedel ons nooit vir geld nie. Meer as ’n eeu gelede het die tweede nommer van Die Wagtoring gesê dat ons glo dat Jehovah ons ondersteuner is en dat ons ‘nooit sal bedel of mense om ondersteuning sal smeek nie’—en ons het ook nooit nie!—Matteus 10:8.

Ons bedrywighede word deur vrywillige bydraes ondersteun. Baie mense waardeer ons Bybelonderrigtingswerk en gee bydraes hiervoor. Die Getuies self dra met graagte hulle tyd, energie, geld en ander middele by sodat God se wil op die hele aarde gedoen kan word (1 Kronieke 29:9). By die Koninkryksaal en by ons byeenkomste is daar bydraebussies waar diegene wat bydraes wil gee, dit kan doen. Of bydraes kan op ons webwerf jw.org gemaak word. Die geld wat ontvang word, kom hoofsaaklik van persone wat dit nie breed het nie, baie soos die arm weduwee wat twee muntstukkies in die tempelskatkis gegooi het en deur Jesus geprys is (Lukas 21:1-4). Enigiemand kan dus gereeld “iets opsysit” om te gee “net soos hy hom in sy hart voorgeneem het”.—1 Korintiërs 16:2; 2 Korintiërs 9:7.

Ons is daarvan oortuig dat Jehovah sal voortgaan om die harte te beweeg van diegene wat hom ‘met hulle waardevolle dinge wil eer’ deur die Koninkrykswerk te ondersteun, sodat sy wil gedoen kan word.—Spreuke 3:9.

  • Hoe verskil ons organisasie van ander godsdienste?

  • Hoe word die vrywillige bydraes gebruik?