Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 28

Wat kan op ons webwerf gevind word?

Wat kan op ons webwerf gevind word?

Frankryk

Pole

Rusland

Jesus Christus het vir sy volgelinge gesê: “Laat julle lig . . . voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en heerlikheid kan gee aan julle Vader wat in die hemele is” (Matteus 5:16). Met dié doel maak ons goed gebruik van moderne tegnologie, insluitende die Internet. Ons webwerf, jw.org, is die amptelike aanlyn bron van inligting oor die godsdiensoortuigings en bedrywighede van Jehovah se Getuies. Wat is daar beskikbaar?

Die Bybel se antwoorde op algemene vrae. Jy kan die antwoorde vind op party van die belangrikste vrae wat mense nog gevra het. Byvoorbeeld, die traktate Sal lyding ooit tot ’n einde kom? en Kan die dooies werklik weer lewe? is aanlyn beskikbaar in meer as 600 tale. Jy kan ook die Nuwe Wêreld-vertaling in meer as 130 tale vind, asook ’n aantal Bybelstudiehulpe, insluitende die boek Wat leer die Bybel werklik? en die jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! Jy kan baie van hierdie publikasies aanlyn lees of daarna luister of dit in gewilde formate soos MP3, PDF of EPUB aflaai. Jy kan selfs vir ’n belangstellende ’n paar bladsye in sy eie taal uitdruk! Videopublikasies is in baie gebaretale beskikbaar. Jy kan gedramatiseerde Bybelvoorlesings, Bybeldramas en pragtige musiek aflaai waarna jy kan luister wanneer jy die tyd het.

Feitelike inligting oor Jehovah se Getuies. Die jongste nuus en videogrepe van ons wêreldwye werk, gebeure wat Jehovah se Getuies raak en ons humanitêre noodleniging word ook op die webwerf gesit. Jy kan kennisgewings van komende streekbyeenkomste en kontakbesonderhede van ons takkantore daar vind.

Só laat ons die lig van waarheid tot in die uithoeke van die aarde skyn. Mense op elke vasteland, selfs Antarktika, vind hierby baat. Ons bid dat “die woord van Jehovah voortdurend vinnig sal voortbeweeg” tot in alle wêrelddele, tot heerlikheid van God.—2 Tessalonisense 3:1.

  • Hoe help jw.org meer mense om Bybelwaarheid te leer?

  • Waarna wil jy graag op ons webwerf gaan kyk?