Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Sal jy Jehovah se wil doen?

Sal jy Jehovah se wil doen?

Dankie dat jy die tyd geneem het om hierdie brosjure te ondersoek sodat jy met Jehovah se Getuies as ’n volk vertroud kan raak, van ons bedrywighede kan leer en ons organisasie in aksie kan sien. Ons hoop dat dit jou gehelp het om ons te identifiseer as diegene wat vandag Jehovah se wil doen. Ons spoor jou aan om voort te gaan om kennis van God in te neem, om die res van jou gesin en jou vriende te vertel van wat jy leer en om gereeld met ons by ons Christelike vergaderinge te assosieer.—Hebreërs 10:23-25.

Hoe meer jy van Jehovah leer, hoe beter sal jy kan sien hoe lief hy jou werklik het. En dit sal jou dan beweeg om alles in jou vermoë te doen om jou liefde vir hom te toon (1 Johannes 4:8-10, 19). Maar hoe kan jy hierdie begeerte in jou daaglikse lewe openbaar? Waarom is dit in jou eie belang om sy sedelike standaarde te gehoorsaam? En wat sal jou help om ’n begeerte aan te kweek om God se wil saam met ons te doen? Jou Bybelonderrigter sal jou met graagte help om die antwoorde te vind sodat jy en jou gesin ‘julle in God se liefde kan hou, met die ewige lewe in die vooruitsig’.—Judas 21.

Ons nooi jou hartlik uit om aan te hou om vordering te maak op die weg van die waarheid deur hierdie publikasie hierna te studeer . . . ‘Hou julle in God se liefde’.